On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Burgemeester van Hoopstad intimideer, beledig glo personeel

───   ZENANDE MPAME 10:08 Thu, 08 Feb 2024

Burgemeester van Hoopstad intimideer, beledig glo personeel | News Article
Personeel by die Tswelopele-munisipaliteit werk glo in ’n atmosfeer van intimidasie en vrees. Foto: Facebook

“Ons moet verseker alle individue binne die munisipaliteit word met waardigheid en respek behandel en hul welstand in die werkplek is gewaarborg.”

Personeel van die Tswelopele-munisipaliteit (Bultfontein en Hoopstad) werk in ’n atmosfeer van “intimidasie en vrees”, beweer ’n DA-raadslid. Burgemeester Rose Phukuntsi berispe glo personeel in die openbaar ten aanskoue van ander personeel en inwoners.

“Die burgemeester het al by verskeie geleenthede ingemeng met die administrasie van die munisipaliteit deur die hekke van Hoopstad se munisipale gebou te sluit en enige werknemer wat laat vir werk is, te dwing om huis toe te gaan sonder betaling,” sê rdl. Estelle Pretorius.

"As ’n party wat daartoe verbind is om die beginsels van goeie bestuur, aanspreeklikheid en respek vir alle individue te handhaaf, neem ons onmiddellike stappe om hierdie ernstige bewerings aan te spreek."

‘Die DA gaan 'n klag lê oor inmenging in die administrasie’

Die DA gaan ’n klag by die Speaker van die munisipale raad indien oor die oortreding van Artikel 12 van die Gedragskode vir Raadslede, wat handel oor inmenging in die administrasie van ’n munisipaliteit.

Die artikel bepaal dat ’n raadslid, behalwe soos deur die wet bepaal, nie in die bestuur of administrasie van enige departement van die munisipale raad mag inmeng nie, tensy dit deur die raad gemagtig is.

Toepaslike maatreëls vir die oortreding behels verpligte woedebestuur en berading.

‘Ons moet verseker alle individue word met waardigheid en respek behandel’

“Ons erken die behoefte aan ’n deeglike en onpartydige ondersoek van die bewerings teen die burgemeester en ons moet verseker alle individue binne die munisipaliteit word met waardigheid en respek behandel en hul welstand in die werkplek is gewaarborg.”

OFM Nuus het na die burgemeester uitgereik om kommentaar op die bewerings.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.