On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Veldbrande groot terugslag vir Noordwes se ekonomie

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:37 Mon, 12 Feb 2024

Veldbrande groot terugslag vir Noordwes se ekonomie | News Article
Veld fires destrys thousands hectors of grazeland, Photo: OFM Nuus.

“Ons moes op ’n baie hoë vlak melding maak – geen voorsiening word gemaak in rampbestuur vir brandvoorkoming, -bestryding of -versagting nie, en selfs nie die reaksie ná brande om infrastruktuur te probeer herstel om gemeenskappe te help nie.”

Die veldbrande in Noordwes is ’n groot terugslag en het die provinsiale ekonomie miljarde rande se skade laat ly.

Tog lyk dit of niks nog gedoen is nie weens die gebrek aan maatreëls om veldbrande in Noordwes te voorkom. Verlede jaar het die verwoestende veldbrande wat dae lank voortgeduur het, meer as 90 000 ha in die Kagisano-Molopo-munisipaliteit vernietig, wat boere en gemeenskapslede gestrand gelaat het.

Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging, het op die hersieningsessie van die Provinsiale Groei-ontwikkelingstrategie in Rustenburg sy kommer uitgespreek dat daar nie ’n ramptoestand verklaar word nie nadat veldbrande ’n groot nadelige uitwerking op die ekonomie van die provinsie gehad het.

Hy meen dis kommerwekkend dat pres. Cyril Ramaphosa niks genoem het oor veldbrandgevare of mense wat gesterf het, of die impak wat veldbrande op die ekonomie van Noordwes gehad het nie.

“Ons in Noordwes het die afgelope drie jaar aansoek gedoen om ’n ramptoestand vir ons provinsie te laat verklaar. In 2021 het ons 472 000 ha verloor, in 2022 sowat 484 000 ha en verlede jaar 1,35 miljoen ha. Die geraamde verlies vir die ekonomie van die provinsie vir 2023 alleen is R8,3 miljard,” het hy bygevoeg.

Stoch het gesê hy koester groot verwagtinge van die program waaraan hulle met die hulp van die provinsiale regering werk. “Ons glo in die program waarna die provinsie nou deur die kantoor van die premier kyk.

“Ons moes op ’n baie hoë vlak melding maak – geen voorsiening word gemaak in rampbestuur vir brandvoorkoming, -bestryding of -versagting nie, en selfs nie die reaksie ná brande om infrastruktuur te probeer herstel om gemeenskappe te help nie.”

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.