On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Hartbeesfontein-polisie ondersoek skietery op plaas

───   13:14 Mon, 12 Feb 2024

Hartbeesfontein-polisie ondersoek skietery op plaas | News Article

“Blykbaar het die boer van die plaas die oorledene se oom in Desember in die skouer geskiet.”

Die polisie op Hartbeesfontein ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n moord wat na bewering plaasgevind het op ’n plaas naby die township Tigane in Noordwes.

Volgens ’n bron na aan OFM Nuus het die oorledene Saterdagaand van ’n plaaslike winkel huis toe gestap. “Dit blyk dat die oorledene in die bolyf geskiet is, want daar was baie bloed waar hy Sondagoggend gevind is.”

Die polisie het ’n saak van strafbare manslag geregistreer, hangende die uitslag van die nadoodse ondersoek, sê Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder. Eers daarna kan nadere besonderhede bekendgemaak word.

Die plaaslike polisie het egter geen saak wat met dié voorval verband hou nie.

OFM Nuus verneem forensiese beamptes is ontbied en het die liggaam weggeneem. Die voorval lyk na ’n tref-en-trap-ongeluk, maar die familie sê daar is ’n wond aan die oorledene se liggaam.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Blykbaar het die boer van die plaas die oorledene se oom in Desember in die skouer geskiet. ’n Klagte is by die polisie ingedien. Funani sê egter die plaaslike polisie het geen saak wat met dié voorval verband hou nie.

Brakspruit-plase is geleë tussen Hartbeesfontein en Ventersdorp en val onder eersgenoemde se jurisdiksie.

OFM Nuus/Joba Matsheng cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.