Central SA
Geliefde musiekjuffrou sterf in skietvoorval in Universitas, Bloemfontein─── 17:18 Wed, 14 Feb 2024
“Van der Merwe word beskryf as ’n dierbare, pragtige juffrou wat ’n liefde vir kitaar by dosyne kinders gekweek het.”
Parkweg-polisie in Bloemfontein ondersoek die skietdood van ’n geliefde musiekonderwyseres en haar verloofde.
Beamptes is Dinsdagaand (13/2) omstreeks 21:30 na ’n huis in Universitas ontbied ná ’n skietery. Met hulle aankoms het hulle Neilen van Breda op ’n bed sien lê met ’n enkele kopwond, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Van der Merwe was ’n geliefde onderwysers aan die Primêre Skool Universitas.
Die vuurwapen waarmee hy na bewering vir Retha van der Merwe (61) drie keer geskiet het, was nog in sy regterhand. Die polisie het haar liggaam in die kombuis aangetref. Sy is twee maal in haar lyf en een maal in haar kop geskiet.
Ouers van haar musiekleerders aan die Primêre Skool Universitas spreek hul skok uit op Facebook, waar Van der Merwe beskryf word as “’n dierbare, pragtige juffrou” wat ’n liefde vir kitaar by dosyne kinders gekweek het.
