On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Optog na Sol Plaatje oor water: ‘Ons is moeg vir hierdie nonsens’

───   08:16 Fri, 16 Feb 2024

Optog na Sol Plaatje oor water: ‘Ons is moeg vir hierdie nonsens’  | News Article

“Vandag wil ek kategories verklaar dat dit nie ’n politieke optog is nie; ons is hier as ’n gemeenskap om te sê genoeg is genoeg.”

Die DA het Donderdag (15/2) in ’n optog opgeruk na die kantoor van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley om ’n klagskrif oor die wateruitdagings in die stad te oorhandig.

Harold McGluwa, Noord-Kaapse DA-leier, sê die optog was in solidariteit met die inwoners van Kimberley vir die ernstige krisisse wat hulle beleef met betrekking tot die waterkrisisse.

“Vandag wil ek kategories verklaar dat dit nie ’n politieke optog is nie; ons is hier as ’n gemeenskap om te sê genoeg is genoeg. Dit is nie vir ons om politieke punte aan te teken nie.”

’n Klagskrif oor die wateruitdagings is aan die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley oorhandig. Foto verskaf

McGluwa sê die DA het die afgelope vyf jaar verskeie pogings aangewend om die waterkrisisse in Kimberley op te los, maar al dié pogings kon nie die nodige oplossing bring nie.

Die memorandum wat hulle aan die munisipaliteit oorhandig het, bevat nege eise, onder meer dat die munisipaliteit onder die departement van water en sanitasie geplaas word, en dat al die raadslede voorsien word van die uiteensetting van die gebruik van geld vir toelaes wat vir infrastruktuurontwikkeling gegee is.

“Die rampbestuursplan vir wateronderbrekings moet hersien word.” Foto verskaf

Die munisipaliteit word aangeraai om met ’n dringende plan vorendag te kom wat ’n totale wateronderbreking sal vermy. Die DA wil ook hê ’n vaardigheidsassessering moet op die bestuur en personeel in die waterafdeling uitgevoer word. Die party eis ook dat die rampbestuursplan vir wateronderbrekings met insette in die openbare sektor hersien moet word.

McGluwa het die memorandum oorhandig aan Thapelo Matlala, munisipale bestuurder, wat belowe het dat die reaksie voor die einde van die 14 dae ontvang sal word.

“Ons is moeg vir hierdie nonsens.” Foto verskaf

Theo van Vuuren, ’n eienaar van ’n skoonmaakmaatskappy Go Clean, het aangedui dat hy moeg is om nie water te hê nie, omdat dit sy onderneming en ook sy werknemers nadelig beïnvloed.

Allian Julian, ’n inwoner van Ritchie, het woedend gesê: “Ons is moeg vir hierdie nonsens.”

Die optog is vreedsaam uiteen.

OFM Nuus/James Williams cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.