On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Tienermodel van Potchefstroom skitter op internasionale loopplanke

───   HEIDRÈ MALGAS 09:36 Fri, 01 Mar 2024

Tienermodel van Potchefstroom skitter op internasionale loopplanke  | News Article
Carla van den Berg in Milaan, Italië. Foto verskaf

“Haar raad aan ander modelle is om altyd in jouself te glo,”

Carla van den Berg (15)  is 'n model van Potchefstroom. Sy het in Februarie vanjaar in die Londense modeweek gepronk in die uitrustings van die Kubaanse modeontwerper Lazaro. Sy het ook fotosessies voor die Buckinghampaleis, die London Bridge en Big Ben gehad.

Sy sê as jy op die loopplank is fokus jy net hoe jy loop en leef in die oomblik. 

Carla van den Berg het vanjaar aan die Londense modeweek deelgeneem. Foto: Getty Images

“Toe ek van die loopplank af geloop het, het my agent vir my gesê, 'Jy het sopas by die Londen Fashion Week geloop. Hoe voel jy?' Op daardie oomblik het dit baie onwerklik gevoel," sê sy.

Carla het eers werklik in Londen besef hoeveel harde werk dit is om 'n model te wees – van hare en grimering tot die rok wat jy moet aantrek. Die rok word basies verkoop op die loopplank. 

"Ek was vir die eerste keer alleen oorsee. My ma was die ander kere saam met my, maar die keer het ek regtig net myself gehad om seker te maak ek is nie laat nie en dat ek alles voorberei het. Dit was lekker om 'n bietjie in die diep kant te wees, dit het my verantwoordelikheid gegee." 

Carla van den Berg se rolmodel is  Bella Hadid. Foto: Getty Images

Haar raad aan ander modelle is om altyd in jouself te glo. Jy moet die harde werk doen en glo dat dit 'n sukses sal wees.

"Ek het die harde werk gedoen, maar ek het nie in myself geglo nie. Maar doen jou nodige werk en vertrou in die Here, dan sal soveel dinge beter gaan." 

Sy sê een van die loopplankmodelle na wie sy regtig opkyk, is altyd die Amerikaner Bella Hadid. Sy het reeds op 29 internasionale Vogue-voorblaaie verskyn. In 2022 is sy deur die British Fashion Council as Model van die Jaar aangewys. Time het haar in 2023 as een van die 100 invloedrykste mense ter wêreld genoem.

Carla het in Gr. 2 as 'n baie skaam model begin, maar sy is nou die grootste ekstrovert en het baie vertroue in haarself.

OFM Nuus/ Heidrè Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.