On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Mosambiekse moordverdagte in Noordwes gesoek

───   08:57 Fri, 08 Mar 2024

Mosambiekse moordverdagte in Noordwes gesoek | News Article
Pedro Francisco Cossa word deur die polisie in Noordwes gesoek. Foto verskaf

“Ná die voorval is Moagi deur ’n verbyganger dood in sy voertuig gevind.”

Noordwes se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad is op soek na Pedro Francisco Cossa (42), ’n Mosambiekse burger, wat na bewering betrokke was by die moord op Stephen Moagi (42).

Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê berigte dui daarop dat Moagi vroeg op Woensdag 19 April 2017 sy voertuig tussen Sun City en Thekwane, buite Rustenburg bestuur het. Hy was van sy werk op pad huis toe. ’n Verdagte uit ’n onbekende voertuig het op hom begin skiet. “Ná die voorval is Moagi deur ’n verbyganger dood in sy voertuig gevind,” sê sy.

‘Die polisie bied ’n beloning van R50 000 aan’

Die polisie bied ’n beloning van R50 000 aan enigeen wat die polisie kan bystaan in die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van Cossa, ’n Mosambieker wat glo steeds in Suid-Afrika woon.

Enigiemand wat inligting het, kan Winnie Rekate, die ondersoekbeampte, by 082 416 0838 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.