On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse ma soek antwoorde ná soldaat se 2021-dood in DRK

───   08:59 Sat, 09 Mar 2024

Vrystaatse ma soek antwoorde ná soldaat se 2021-dood in DRK | News Article

“Snags kan ek nie lekker slaap nie want ek dink aan my seun. Hy het my baie gehelp.”

Die ma van ’n soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) treur steeds oor haar seun wat in 2021 na bewering in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) vermoor is.

Die familie is deur die SANW ingelig dat hy deur ’n ander soldaat van Tanzanië vermoor is ná ’n woordewisseling. Daar was glo twee getuies op die misdaadtoneel was. Dit was die enigste inligting wat sy ma, Nomalanga Jeanette Khuselo, na bewering van die weermag ontvang het.

Sy stoflike oorskot is teruggestuur na Suid-Afrika en op 3 Junie 2021 is ’n weermagbegrafnis in Zastron vir hom gehou.

Nomalanga Khuselo was verbaas toe haar seun se vrou sê dat sy nie meer oor die saak wil uitvra nie omdat dit haar lewe in gevaar stel. Foto verskaf

Ná die begrafnis het hulle min inligting ontvang. Die identiteit van die twee getuies is nie aan hulle bekend gemaak nie en die vermeende moordenaar is glo terug na sy geboorteland. Daar was geen melding daarvan of ’n saak geïnisieer is of nie.

“Hulle het ons belowe dat hulle oor twee maande met antwoorde gaan terugkom, en nou het jare al verloop sonder enige antwoorde,” het Khuselo gesê.

Toe sy ma met sy vrou, Nosamkele Khuselo, praat wat in Potchefstroom woon en ook in die weermag is, het sy ook geen antwoorde gehad nie.

Sy smag na antwoorde om haar te help om sy dood te verwerk

Die ma was verbaas toe sy vrou vir haar sê dat sy nie meer oor die saak wil uitvra nie omdat dit haar lewe in gevaar stel.

“Snags kan ek nie lekker slaap nie want ek dink aan my seun. Hy het my baie gehelp,” het sy gesê.

Sy het die saak by die weermagbeamptes in Kimberley (Diskobolos) en Bloemfontein aangemeld om navrae te doen, maar na bewering tot dusver geen reaksie gekry nie.

Sy sê sy smag na antwoorde om haar te help om sy dood te verwerk.

OFM Nuus/James Williams cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.