Central SA
Noord-Kaap hofbeampte vas op korrupsieklagte─── HEIDRÈ MALGAS 12:33 Sun, 17 Mar 2024
Die Noord-Kaapse anti-korrupsie-eenheid het ’n 46-jarige klerk van die Kimberley-landdroshof Vrydag (15/3) gearresteer op aanklagte van korrupsie.
Daar word beweer dat die klerk R500 geëis het om ’n aansoeker van ’n beskermingsbevel te help.
Die klerk is deur die anti-korrupsie-eenheid gearresteer en het in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die beskuldigde is op R500 borgtog vrygelaat.
Die ondersoek duur voort.
OFM Nuus
