On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde omkoper vas in Noordwes

───   12:35 Sun, 17 Mar 2024

Beweerde omkoper vas in Noordwes | News Article
Beslag is gelê op onwettige sigarette. Foto verskaf

“Die verdagte het na bewering R15 000 aangebied om die vrylating van die ses gearresteerde onwettige immigrante te verseker.”

’n Agt-en-dertigjarige verdagte wat Vrydag in Klerksdorp vir beweerde korrupsie deur die Valke in hegtenis geneem is, word Maandag (17/3) in die hof verwag.

Beamptes het toegeslaan op 'n pakhuis waar onwettige sigarette geberg is en ses ongedokumenteerde buitelanders in hegtenis geneem.

Die verdagte het na bewering R15 000 aangebied om die vrylating van die ses onwettige immigrante te verseker.

Hy is in hegtenis geneem nadat hy 'n aanvanklike betaling van R4 000 gemaak het.

OFM Nuus mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.