On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-gesin beroof van geld vir grafsteenseremonie

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:06 Thu, 21 Mar 2024

Welkom-gesin beroof van geld vir grafsteenseremonie | News Article

“Die vermeende rowers het ’n onbekende bedrag kontant van die eienaar van die huis geëis, wat gebruik sou word om ’n koei vir ’n grafsteenseremonie te koop.”

Die polisie het ’n soektog begin na ses verdagtes wat betrokke was by ’n huisroof in Thabong, Welkom.

’n Vrou (30), haar broers en susters is by hul huis in Tsiustraat aangehou deur ses mans wat hul deur oopgebreek het en by hul huis ingestorm het. Hulle het Dinsdagaand (19/3) omstreeks 22:45 televisie gekyk toe die vermeende rowers hulle oorval het. 

Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die polisie is ingelig dat twee mans vuurwapens gehad het. Die gesin is opdrag gegee om op die vloer te lê en gedreig dat hulle geskiet sal word.

Die gewapende mans het na bewering kontant van die eienaar van die huis geëis en ’n onbekende bedrag, wat gebruik sou word om ’n koei vir ’n grafsteen-seremonie te koop, gebuit. Voordat hulle gevlug het, het hulle glo ’n elektriese strykyster verhit en van die slagoffers daarmee gebrand.

Die rowers het met ’n gesteelde HP-skootrekenaar, iPhone-, Honor X80-, Samsung-, itilo- en Huawei-selfone en die kontant in ’n blou Volkswagen Polo met ’n Vrystaatse registrasienommer en ’n grys Ford Ranger-bakkie (HCY 378 FS) gevlug, het Thakeng gesê.

Volgens Thakeng is die Volkswagen verlate in die Ndaki-pad by Thabong gevind en op beslag gelê. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en poging tot moord. Enigiemand met inligting word versoek om die naaste polisiekantoor te besoek.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.