On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige finansiële hoof van Noordwes terug in hof vir borgtog

───   ZENANDE MPAME 12:02 Mon, 25 Mar 2024

Voormalige finansiële hoof van Noordwes terug in hof vir borgtog | News Article
Picture: OFM Nuus

“Die NVG bepan om borgtog in die saak teen te staan, en nog aanklagte kan bygevoeg word.”

Die voormalige finansiële hoof van Noordwes se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling moet Dinsdag (26/3) weer in die hof verskyn.

Die Zimbabwiese burger Kudakwashe Mpofu (32) het Woensdag (20/3) in die Pretoriase landdroshof verskyn nadat hy hom aan die polisie oorgegee het. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Immigrasiewet.

“In die hof is die saak tot 26 Maart uitgestel … vir inligting oor borgtog en moontlike borgtogaansoek,” het Lumka Mahanjana, Gautengse NVG-woordvoerder, gesê. “Die beskuldigde sal in aanhouding bly tot sy hofverskyning. Die NVG beplan om borgtog in die saak teen te staan, en nog aanklagte kan bygevoeg word.”

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het die media Sondag 17 Maart ingelig oor kwessies soos immigrasie en visums en die spesiale ondersoekeenheid opdrag gegee om binnelandse sake en sy personeel in Noordwes te ondersoek.

Kudakashwe Mpofu, voormalige finansiële hoof by die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie. Foto: LinkedIn

Dokumente het getoon dat Mpofu sy permit onwettig ontvang het, dit is nie deur die Departement van Binnelandse Sake gemagtig nie, en die departement was onbewus van hoe hy dit bekom het, het Motsoaledi gesê. Mpofu het ’n week gelede as finansiële hoof bedank.

Motsoaledi wou op sy media-inligtingsessie weet hoekom amptenare van binnelandse sake nie ’n saak aanhangig gemaak het toe hulle van die bedrog bewus geword het nie. Hy wou ook weet hoe het die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie se mensehulpbronne vir Kudakashwe Mpofu aangestel sonder om behoorlike omsigtigheid te doen, “omdat elke voornemende werkgewer dit moet doen voordat hulle iemand aanstel”.

The South African berig Mpofu het in Mei 2021 by die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie aangesluit as ’n batebestuurder en ’n jaar later is hy bevorder tot finansiële hoof.

Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.