On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Saak teen Zimbabwiese voormalige finansiële hoof in Noordwes uitgestel

───   07:10 Thu, 21 Mar 2024

Saak teen Zimbabwiese voormalige finansiële hoof in Noordwes uitgestel | News Article

Die beskuldigde finansiële hoof, ’n Zimbabwiese burger, sal in aanhouding bly tot en met sy volgende verskyning.

Die saak teen die voormalige hoof finansiële hoof van Noordwes se Ontwikkelingskorporasie (NWOK), Kudakwashe Mpofu, is tot Dinsdag (26/03) uitgestel vir ’n moontlike borgtogaansoek.

Mpofu, wat ’n Zimbabwiese burger is, sal in aanhouding bly tot en met sy volgende verskyning.

Hy staan tereg op ’n aanklag van bedrog weens die oortreding van die Immigrasiewet. Dokumentasie toon Mpofu het sy permit onregmatig bekom. Dit is nie deur die Departement van Binnelandse Sake gemagtig nie en die departement is onbewus van hoe hy dit bekom het.

Minister Aaron Motsoaledi van Binnelandse Sake het Sondag op ’n media-inligtingsessie gesê daar sal ’n spesiale ondersoek gedoen word by Binnelandse Sake in Noordwes. 

“Hoe het die Noordwes-Ontwikkelingskorporasie se afdeling vir menslike hulpbronne Kudakashwe Mpofu in diens geneem sonder omsigtigheidsondersoeke? Elke voornemende werkgewer moet dit mos doen voordat hulle iemand aanstel.”

Kudakashwe Mpofu , finansiële hoof by Noordwes se Ontwikkelingskorporasie. Foto: LinkedIn 

The South African berig Mpofu het in Mei 2021 by die NOK aangesluit as ’n batebestuurder, en ’n jaar later is hy bevorder tot finansiële hoof.

“Nadat ek al die feite gekry het, het ek Nono Maloyi, Noordwes se waarnemende premier, gekontak. Hy het my meegedeel dat Mpofu reeds geskors is/[bedank het]. Die saak is by die Pretoria-Sentraal-polisiekantoor aangemeld,” het Motsoaledi gesê.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.