On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde bedrog: Nama Khoi se munisipale bestuurder op borgtog

───   HEIDRÈ MALGAS 15:45 Wed, 27 Mar 2024

Beweerde bedrog: Nama Khoi se munisipale bestuurder op borgtog  | News Article
Die munisipale bestuurder van die Nama Khoi, Jan Swartz, is Woensdag deur die Valke in hegtenis geneem. Foto verskaf

“Die munisipale bestuurder by die Hantam-munisipaliteit het na bewering ’n maandelikse subsidie vir twee amptelike selfone ontvang, terwyl die munisipaliteit ook vir die rekening aan die diensverskaffer betaal het.”

Die munisipale bestuurder van die Nama Khoi-munisipaliteit, Jan Swartz, is op borgtog van R5 000 vrygelaat. 

Hy sal op 13 Mei in die handelshof op Springbok verskyn ná sy inhegtenisneming Woensdag (27/3) op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (56 van 2003).

Nomthandazo Mnisi, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder, sê die verdagte het na bewering tussen 2019 en 2020, terwyl hy munisipale bestuurder van die Hantam-munisipaliteit op Calvinia was, maandelikse subsidies vir twee amptelike selfone ontvang, terwyl die munisipaliteit ook vir die rekening aan die diensverskaffer betaal het wat glo in teenstelling met die pakket was wat hy met die munisipaliteit gehad het.

As gevolg hiervan het die munisipaliteit na bewering ’n verlies van R33 470,39 gely.

Nama Khoi het bevestig dat Jan Swartz, die munisipale bestuurder, deur die polisie se prioriteitsmisdaadondersoekseenheid, die Valke, omstreeks 08:10 Woensdagoggend (27/3) in sy kantoor in hegtenis geneem is.

Hy sê hy verstaan die publiek wil duidelikheid en gerusstelling hê gedurende hierdie tyd, maar ongelukkig sal die munisipaliteit nie in staat wees om kommentaar te lewer op die saak terwyl die ondersoek voortduur nie.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.