On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Watertekort by Parys se klinieke is ’n gesondheidsrisiko

───   HEIDRÈ MALGAS 09:40 Thu, 28 Mar 2024

Watertekort by Parys se klinieke is ’n gesondheidsrisiko  | News Article
Foto Getty images

“Die departement is bekommerd die gebrek aan waterverskaffing beteken dat ons druk plaas op die voorkomingsmaatreëls teen siektes.”

Klinieke op Parys in die Noord-Vrystaat kry swaar weens gebrekkige waterverskaffing in die Ngwathe-munisipaliteit, wat lei tot kommer oor aansteeklike siektes.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid meen Ngwathe moet verantwoordelikheid aanvaar vir die gebrek aan waterverskaffing by sy klinieke op die dorp. Ons klinieke onder die sorg van die Departement van Gesondheid word ernstig gekniehalter deur die gebrek aan konstante waterverskaffing, sê Mondli Mvambi, woordvoerder.

“Die departement is bekommerd die gebrek aan waterverskaffing beteken dat ons druk plaas op die voorkomingsmaatreëls teen siektes.” Dit maak dit moeilik vir ons klinieke om optimaal te funksioneer.”

Die Ngwathe-munisipaliteit sukkel om water aan klinieke te verskaf. 

Mvambi sê die departement doen sy bes, maar hy is nie ’n waterowerheid nie en gesondheidsdienste word deur baie ander kwessies beïnvloed. “Ons pleit vir ’n ingryping, omdat dit duur word vir die departement wanneer ons na alternatiewe maniere moet soek om water te kry.”

By een van die klinieke kon hulle ’n boorgat sink. Hulle beplan dat meer klinieke boorgate moet kry, maar sulke onafhanklike inisiatiewe het ook ’n uitwerking omdat hulle nie beheer oor die waterverskaffing het nie.

‘Waterverskaffing moet konsekwent beskikbaar wees’

“Ons bly optimisties dat (Ngwathe) in die belang van die gesondheidsdienste van die mense van Tumahole, Parys en die hele Vrystaat daarin sal slaag om waterverskaffing konsekwent beskikbaar te maak sodat ons ons werk kan doen en siektes kan voorkom in die omgewings waarin ons werk,” sê Mvambi.

“Ons mag nie voorskryf aan die munisipaliteit watter metode hy moet gebruik om water aan die klinieke te verskaf nie, maar ons benodig dringend water.”

Die Ngwathe-munisipaliteit het nog nie op OFM Nuus se navrae reageer nie. 

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.