On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley se watertoevoer hopelik reg ná vier dag lange onderbreking

───   ZENANDE MPAME 11:38 Wed, 03 Apr 2024

Kimberley se watertoevoer hopelik reg ná vier dag lange onderbreking | News Article
Kimberley gaan vir vier dae sonder water wees. Foto: OFM Nuus

“Ons moedig inwoners aan om genoeg water op te gaar voor die watertoevoeronderbreking.”

Inwoners van Kimberley sal van Donderdag (4/4) om 18:00 tot Maandag (8/4) om 18:00 deur ’n waterafsluiting geraak word.

Herstelwerk sal gedoen word aan vier groot lekkasies in die grootmaatpypleiding van Riverton na Kimberley. Die doel is om watertoevoeronderbrekings in die aand te beëindig.

“Die lekkasies is ’n bron van buitensporige waterverliese en het gedreig om ons hele watervoorraad in duie te laat stort. Ons is vasbeslote om hierdie kritieke operasie met presisie en binne die vasgestelde tydlyn uit te voer om verdere ongerief vir inwoners te voorkom,” sê Thabo Mothibi, kommunikasiebestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit.

JoJo-tenks sal in Kimberley geplaas word. Foto: kimberley.org.za

“Daar word spesiaal voorsiening gemaak vir hospitale, tehuise vir bejaardes en ander kritieke sentrums.”

News24 berig die vlinderklep het middel Desember begin lek en dit word daagliks erger weens die hoë druk van water wat deur die lek vloei.

Die grootmaatpypleiding sal twee dae neem om heeltemal te dreineer en agt uur sal nodig wees vir die eintlike herstelwerk. Instandhouding en herstelwerk sal tot Maandag gedoen word.

Watertenkwaens sal op verskillende plekke in Kimberley wees. Foto: kimberley.org.za

“Ons sal JoJo-tenks in die meeste van die wyke en op toeganklike plekke plaas. Watertenkwaens sal ook in en om ons woongebiede wees,” sê Mothibi.

“Die munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om op inligting van gemagtigde munisipale bronne staat te maak en om versigtig te wees vir vals inligting wat per stemnotas versprei word.”

Inwoners sal gereeld op die hoogte gehou word, het hy beloof.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.