On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Van ’n skoonmaker by Revival FM tot ’n geordende pastoor

───   13:35 Wed, 03 Apr 2024

Van ’n skoonmaker by Revival FM tot ’n geordende pastoor | News Article
Maxon Tshanga is nou tuis in die ateljee in KImberley. Foto verskaf

“Daar het op ’n dag ’n behoefte in die uitsaaiafdeling ontstaan toe een van die Afrikaanssprekende omroepers met verlof moes gaan en geen plaasvervanger gehad het nie.”

Maxon Tshanga het ’n paar jaar gelede as ’n vrywillige skoonmaker by Revival FM in Kimberley begin werk. Sy skoonmaakpligte het die twee uitsaaiateljees, ’n sitkamer, kantore, ’n kombuis en kleedkamers ingesluit.

Omdat hy ’n staatsamptenaar is, het hy Maandae, Woensdae en Vrydae om 06:00 sy skoonmaakpligte uitgevoer, voordat hy vir diens aangemeld het.

Maxon Tshanga in die ateljee van Revival FM in Kimberley. Foto verskaf

Daar het op ’n dag ’n behoefte in die uitsaaiafdeling ontstaan toe een van die Afrikaanssprekende omroepers met verlof moes gaan en geen plaasvervanger gehad het nie. Maxon is deur die stasiebestuurder genader om te help as aanbieder en was bereid om hom tot die taak verbind.

Hoewel hy nie as omroeper opgelei is nie, het hy daarin geslaag om die hele program te hanteer sonder om enige blapse op die lug te maak. Maxon is daarna as een van die aanbieders aangestel en bied die volgende programme aan:

Ontbyt saam met die Koning: Saterdae om 06:00;

Alfa en Omega: Saterdae om 14:00;

Die Tafelronde: Sondae om 18:00;

Koninkryksgesprekke: Saterdae om 14:00.

Maxon Tshanga  en sy eggennoot, Jezel Tshanga, tydens die ordeningsdiens. Foto verskaf

Op Paassondag het sy gemeente hom as ’n pastoor georden, nadat hulle ’n roeping as bedienaar by hom geïdentifiseer het. Toe hy oor sy ordening uitgevra is, het Maxon gesê: “Die reis was interessant, en ek het altyd weggehardloop van die roeping. Tot nou toe. Ek moes besluit om te onderwerp.”

Maxton se Revival FM-kollegas het hom gelukgewens met sy ordening en sterkte toegewens met sy nuwe rol as pastoor.

OFM Nuus/James Williams dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.