On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Polisiebeampte, petroljoggies in hof oor bedrog

───   HEIDRÈ MALGAS 14:49 Wed, 03 Apr 2024

Polisiebeampte, petroljoggies in hof oor bedrog | News Article

“ ’n Voorlopige oudit wat in Februarie 2022 op dié staatsvoertuie op Lindley voltooi is, het twyfelagtige brandstoftransaksies aan die lig gebring.”

’n Polisiebeampte en talle werknemers van ’n vulstasie op Lindley in die Vrystaat sal na verwagting Donderdag (4/4) in die Reitz-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en die dwarsboming van die gereg.

Die Valke se ondersoekspan op Bethlehem het die vyftal Dinsdag (2/4) in hegtenis geneem. Volgens Vrystaatse Valke-woordvoerder Christopher Singo het die Lindley-stasiebevelvoerder in 2022 buitensporige brandstofuitgawes opgemerk.

“ ’n Voorlopige oudit wat in Februarie 2022 op dié staatsvoertuie in Lindley voltooi is, het twyfelagtige brandstoftransaksies onthul,” vertel Singo. Die saak is na die Bethlehem-Valke verwys vir ’n indringende ondersoek.


Die Valke het buitensporige brandstofuitgawes opgemerk. Argieffoto: FNB

Hy sê daar is vasgestel dat ’n 53-jarige offisier na bewering verskeie petrolkaarte van die staat misbruik het. Hy het valslik beweer dat hy brandstof vir regeringsvoertuie aangekoop het, terwyl dié voertuie in werklikheid by Lindley se polisiekantoor geparkeer was.

Ondersoeke het uitgewys dat hierdie offisier die bedrogspul uitgevoer het met die hulp van petrolstasie-werknemers en dat hierdie onwettige aktiwiteite van Januarie tot Augustus 2022 gestrek het.

Hierdie bedrogspul het die Suid-Afrikaanse Polisiediens altesaam R46 911 gekos.

OFM Nuus/Heidré Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.