On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte ná Douglas-moord in hegtenis geneem

───   09:37 Thu, 04 Apr 2024

Verdagte ná Douglas-moord in hegtenis geneem | News Article

Volgens lt.kol. Sergio Kock is hy Woensdag (3/4) omstreeks 08:00 in hegtenis geneem.

Die polisie van Postmasburg en Douglas het ’n 36-jarige man by ’n kroeg in Douglas in verband met die moord op Cecilia Moncho in hegtenis geneem nadat hy Dinsdag (2/4) van Campbell na Douglas gereis het.

Moncho, wat bekend was as die liefdevolle Doesie, is Saterdag (30/4) op Griekwastad vermoor toe haar lewe wreed kortgeknip is. Die polisie meen die verdagte het dalk belangrike inligting oor haar laaste oomblikke.

Volgens lt.kol. Sergio Kock is hy Woensdag (3/4) omstreeks 08:00 in hegtenis geneem.

Enigiemand met inligting kan speursersant Tebogo Seekoei skakel by 082 302 0391.

Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.