On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Behuising in Gong-Gong verg dringend aandag

───   08:45 Fri, 05 Apr 2024

Behuising in Gong-Gong verg dringend aandag | News Article
Die burgemeester van Dikgatlhong, Joyce Tshwanagae, die munisipale bestuurder, Baakang Tsinyane, en Gong-Gong se plaaslike raadslid het al voorheen probeer om ’n diensvlakooreenkoms te verkry. Foto verskaf

“ ’n Diensvlakooreenoms sou die munisipaliteit in staat stel om verbeterings in Gong-Gong aan te bring én behoorlike huise vir die inwoners te bou, maar hul versoek is afgekeur.”

Op 4 Maart is drie mense in Gong-Gong, langs die Vaalrivier naby Barkley-Wes in die Noord-Kaap, beseer en tien huise is deur ’n windstorm verwoes.

Dit is die vierde voorval in ’n reeks rampe in Gong-Gong. Verlede jaar het verskeie huise oorstroom toe die Vaalrivier se watervlak vinnig toegeneem het.

Die meeste huise in Gong-Gong is modderhuise wat in onveilige areas geleë is. Die Dikgatlhong Munisipaliteit wou ingryp in die gebied, maar dit is ongelukkig onder die jurisdiksie van ’n Vereniging vir Gemeenskaplike Eiendom (VGE).

Tien huise in Gong-Gong is deur ’n windstorm verwoes. Foto verskaf

Die burgemeester van Dikgatlhong, Joyce Tshwanagae, die munisipale bestuurder, Baakang Tsinyane en Gong-Gong se plaaslike raadslid het al voorheen probeer om ’n diensvlakooreenkoms by die VGE te verkry. Dit sou die munisipaliteit in staat stel om verbeterings in Gong-Gong aan te bring én om behoorlike huise vir die inwoners te bou, maar hul versoek is afgekeur.

“Ek is besig om met een man te praat wat my verseker het dat hy die VGE-mense sal probeer oorreed om met ons te vergader,” het Tshwanagae gesê.

Die meeste huise in Gong-Gong is modderhuise wat in onveilige areas geleë is. Foto verskaf

Die plaaslike raadslid is ook hoopvol dat die munisipaliteit en VGE tydens die vergadering ’n ooreenkoms sal bereik. Hy het gesê dat hy die media wil nooi om deel te vorm van die neutrale party wat die proses sal monitor. Hy het verder aangedui dat die munisipaliteit nie tans die gebied kan ontwikkel nie.

France Megwe, die VGE-voorsitter, het tydens ’n gesprek met OFM Nuus aangedui dat hulle nie weier om die diensvlakooreenkoms te onderteken nie, maar hulle wil saam met die ooreenkoms ’n lys voorwaardes hê wat deur albei partye nagekom moet word.

OFM Nuus/James Williams cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.