Central SA
Fietsryers van The 1965Ride laat speke sing vir onderrig─── 12:18 Fri, 05 Apr 2024

“Verlede jaar het 11 fietsryers deelgeneem en genoeg geld ingesamel vir 13 beurse.”
In die afgelope 13 jaar het The 1965Ride genoeg geld ingesamel om meer as 200 beursjare by Queenstown/Komani-skole toe te ken, wat nie bereik kon word sonder die borgskapvennootskappe nie.
Vanjaar se 1965Rit-toer in samewerking met Queenstown Education Foundation (QEF) en Education Endowment Foundation (EEF) begin op Woensdag (10/4) om 07:30 by die Life-hospitaal Suikerbosrand. Dit eindig op 18 April om 13:00 in Queenstown/Komani op The Rec.
Verlede jaar het elf fietsryers deelgeneem en genoeg geld ingesamel vir 13 beurse.
Leerders van Balmoral Girls Primary School, Girls High School, die Laerskool Hangklip, die Hoërskool Hangklip, Queen's College Boys Junior School, Queen's College Boys High School, Southbourne Primary School, GetAhead Junior & College, en GAP Whittlesea kan benoem word vir beurse.
‘Standaarde en gehalte van onderwys te verhoog’
Tony Forst, stigter en organiseerder, sê The 1965Ride se uiteindelike doel om die beursskole as die steunpunt te gebruik om die standaarde en gehalte van onderwys in die hele distrik te verhoog. “Die doelwit is om verdienstelike jong mans en vroue die geleentheid te gee om gehalteonderwys te kry en aan hulle die geleenthede van 'n leeftyd te bied.”
Die inisiatief het ten doel om onderwys in die Queenstown/Komani-distrik te transformeer deur die standaarde te verhoog en deur die gehalte van leer en onderrig regdeur die gemeenskap van voorskool tot Ph.D. te verbeter,” beklemtoon Forst.
OFM Nuus/Charné van der Merwe dg