Central SA
Onderwyser van Brits Maandag gegroet─── 08:27 Wed, 10 Apr 2024
“Hy was hardwerkend en pligsgetrou, en sy heengaan gaan ‘n groot leemte laat.”
Op Maandag (15/4) sal geliefdes afskeid neem van Morné Badenhorst, onderwyser van Brits, wat in ’n motorongeluk gesterf het.
Badenhorst (26) is Saterdag (6/4) om 07:55 dood in ’n trompop botsing op die R511-pad sowat 3 km vanaf Brits na Thabazimbi. Hy was alleen in sy voertuig. Die vier insittendes in die ander motor moes met meganiese toerusting uit die motor gehaal word. Hulle is in die hospitaal opgeneem.

Morné Badenhorst was ’n onderwyser by die Hoërskool Brits. Foto verskaf
Anton Nortman, hoof van die Hoërskool Brits, beskryf Badenhorst as ‘n onderwyser wat geliefd en gewild was by sy kollegas en leerders. “Badenhorst was ‘n kenner in sy gebied, toegewyd aan sy leerders en alles wat hy aangepak het was altyd ‘n sukses. Hy was altyd bereid om die ekstra myl te loop. Hy was hardwerkend en pligsgetrou en sy heengaan gaan ‘n groot leemte laat.”
Badenhorst was ook ’n mentor en ’n bron van inspirasie veral in rugby, krieket en gholf waar hy aktief deelgeneem en verskeie aktiwiteite gelei het.
Sy begrafnis is Maandag om 11:00 in die NG Gemeente Piet Retief. Die skool hou Dinsdag (18/4) om 14:00 ’n troosdiens vir hom.
OFM Nuus/Charné van der Merwe dg
