On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Uitstalling by Oliewenhuis verken temas soos identiteit en herstel

───   HEIDRÈ MALGAS 15:56 Wed, 10 Apr 2024

Uitstalling by Oliewenhuis verken temas soos identiteit en herstel  | News Article

“Elke gids het hul eie onderwerp gekies om op te fokus.”

Die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontien beplan ’n begeleide toer, vir die uitstalling Realigned, in hul galery dié Vrydag (12/4) om 11:00.

Die toer vind plaas in die reservoir waar die uitstalling opgestel is, sê Ziya Khubeka, ’n gids van Oliewenhuis en ook een van die kurators. “Ons het die woord realigned’ of  realignment  gekies omdat ons gevoel het almal het ’n manier om hulle te vereenselwig met die naam of die woord omdat dit verwys na om iets te verander of te herstel na ’n ander of vorige posisie of staat.”

‘Elke gids het hul eie onderwerp gekies’

Sy sê elke gids het hul eie onderwerp gekies om op te fokus. Die gekose onderwerpe was wortels, identiteit, geestelike probleme, liggaamsbeeld, reis, kalmte en herstel.

“Elke gids het ’n afdeling binne-in die uitstalruimte waar hulle kunswerke uitgekies het wat met hul tema verband hou, Hulle sal hierdie temas verduidelik en bespreek.” 

Wandile Maseko, Ziya Kubheka, Zetu Mvila, Jacobeth Selinga, Mikayla Swartz en Mpho Nyeule is van die toerleiers wat die besoekers sal vergesel. Die uitstalling duur tot 5 Mei 2024. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.