Central SA
Ma en dogter van Potchefstroom verdwyn spoorloos─── 15:41 Thu, 11 Apr 2024
“Daar is met ’n soektog begin omdat Carmen Noble (41) en Chailynn van Rensburg (14) wat in Jeugdstraat bly nie by die huis was toe Van Rensburg se pa tuis kom nie.”
Die polisie in Potchefstroom vra inwoners se hulp om ’n ma en dogter op te spoor wat sedert 21 Maart vermis word.
Daar is met ’n soektog begin omdat Carmen Noble (41) en Chailynn van Rensburg (14) wat in Jeugdstraat bly nie by die huis was toe Van Rensburg se pa tuis kom nie. Hy werk oorsee.
Dit is nie bekend wat hulle aangehad het met hul verdwyning nie. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder, sê Noble is ongeveer 1,62 m lank, fyn gebou en het kort swart hare. Van Rensburg het bruin oë en sy dra ’n bril. Sy is ook fyn gebou en ongeveer1,63 m lank met donkerbruin hare.
Enigeen met inligting kan die speurders Dikeledi Mokoena of Frans van Rensburg by 082 411 2571 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.
OFM Nuus dg
