On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-Universiteit in Vanderbijlpark se studenteraad ontbind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:11 Fri, 12 Apr 2024

 Noordwes-Universiteit in Vanderbijlpark se studenteraad ontbind | News Article
Foto: youvisit.com

“Die komitee het hulle almal skuldig bevind aan wangedrag.”

Die studenteraad van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus is ná ’n tugverhoor ontbind.  Die bevindings teen die 15 studenteraadslede is ingevolge par. 3.1 van die NWU se handleiding vir studentedissipline gemaak.

Die komitee het hulle almal skuldig bevind aan wangedrag. Die besluit is op 3 April geneem en die kampusbestuur is daaroor ingelig. 

‘Oortredings hou verband met onrus in Februarie’

Die oortredings hou verband met die onrus in Februarie op die kampus, sê Louis Jacobs, NWU-woordvoerder. Dit beteken daar is nou 15 vakatures in die Vanderbijlparkse studenteraad. 

Die studentegemeenskap sal op hoogte gehou word met die vordering van die aanstellings, sê Jacobs.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.