On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie keer twee aan, lê beslag op khat-plante van R600 000

───   09:37 Sat, 13 Apr 2024

Polisie keer twee aan, lê beslag op khat-plante van R600 000 | News Article

“Bloemfontein se blitspatrollie het Donderdag (11/4) twee verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op khat-plante van ongeveer R600 000.”

Die polisie het, nadat hulle inligting ontvang het, ’n minibus wat van Johannesburg na Kaapstad onderweg was op die N1-snelweg omstreeks 19:50 onderskep. 

Nadat die voertuig gestop is, het beamptes bokse vol khat-plante ontdek. Die bestuurder en ’n manlike passasier is in hegtenis geneem vir dwelmsmokkelary, en die plante is in beslag geneem.

Die verdagtes, onderskeidelik 34 en 65 jaar oud, sal spoedig in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.