On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Mans in verdagte motor teiken mense in Klerksdorp

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 16:17 Mon, 15 Apr 2024

Mans in verdagte motor teiken mense in Klerksdorp | News Article
Foto verskaf

“Een van die motor se agterdeure was reeds halfoop toe twee mans uitspring en hom agternasit. Die mans het egter besef hulle gaan hom nie inhaal en een het Van Dyk met ’n mes gegooi.”

Vrese bestaan dat vier mans in ’n verdagte voertuig op nog slagoffers in Klerksdorp kan toeslaan.

Hulle het die naweek twee mans probeer beroof in onderskeidelik Flamwood en Schoonspruit, onder wie Jaco van Dyk. Terwyl hy saam met ’n groep fietsgery het, het hy ’n ekstra draai gery om tyd te wen.

Die voorval het Sondag (14/04) gebeur, ongeveer 50 m voor hy in Romalaan wou afgedraai het. Die bestuurder van die grys Toyota Yaris het Van Dyk van die pad af probeer dwing toe die motor skielik langs hom stilhou.

‘Hulle target jou as hulle sien die straat is stil’

Een van die motor se agterdeure was reeds halfoop toe twee mans uitspring en hom agternasit. Die mans het egter besef hulle gaan hom nie inhaal en een het Van Dyk met ’n mes gegooi, maar dit was mis.

“Ek kan nie die nommerplate onthou nie,” vertel Van Dyk, “maar hulle target jou as hulle sien die straat is stil. Daar was niemand in die straat nie.” Hy vermoed hulle het hom gevolg tot hy alleen was en gewag om toe te slaan.

Dieselfde motor was glo die Vrydagaand (12/04) by ’n ander rooftog betrokke. Vier gewapende mans het ’n man by die Schoonspruit-aftreeoord in sy motor geteiken. Hy het ook daarin geslaan om weg te kom.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.