On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Onderwyser van Hentie Cilliers kry borgtog ná beweerde verkragting

───   HEIDRÈ MALGAS 12:21 Wed, 17 Apr 2024

Onderwyser van Hentie Cilliers kry borgtog ná beweerde verkragting | News Article
Die Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia. Foto verskaf

“Die saak is tot 21 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.”

Die onderwyser van die Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia wat aangekla word van die verkragting van ’n matriekseun, is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Die onderwyser (27) het Dinsdag (16/4) vlugtig in die landdroshof verskyn. Die beweerde verkragting van die 17-jarige seun het nie op die skoolgronde gebeur nie. “Die saak is  tot 21 Mei vir verdere ondersoek uitgestel,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder van die Vrystaatse en die Noord-Kaap.

“Die beweerde seksuele misbruik het na bewering op Maandag 25 Maart plaasgevind,” sê Howard Ndaba, onderwyswoordvoerder in die Vrystaat. Die leerder het daarna geruime tyd nie skool toe gekom nie.

‘Onderwyser is verlede Woensdag in hegtenis geneem’

Toe navraag gedoen is, het hy beweer dat hy deur die onderwyser afgeknou en seksueel misbruik is. “Die onderwyser is Woensdag (10/4) in hegtenis geneem weens die beweerde seksuele misbruik van ’n leerder," sê Ndaba.

Die departement, die skoolbestuur en die skoolbeheerraad werk saam om die feite van die saak te bevestig. Die departement het die skoolbestuur vir hul vinnige optrede in die skorsing van die onderwyser geloof. “Die leerder sal psigososiale ondersteuning kry en die skool het ekstra lesse gereël sodat hy die verlore werk kan inhaal,” sê Ndaba.

‘Twee uit elke vyf seuns sê dat hulle verkrag is’

Die departement sal geen steen onaangeroer laat om enige vorm van seksuele misbruik in Vrystaatse skole uit te roei nie, het Ndaba beloof.

In ’n opname onder 1 200 skole landwyd het twee uit elke vyf seuns gesê dat hulle verkrag is. Mediese navorsers is dit eens dat een van die hoofredes vir die hoë voorkoms van MIV/vigs in Suid-Afrika die hemelhoë verkragtingsyfers is.

Die land het volgens die Mediese Navorsingsraad is Suid-Afrika ook een van die lande met die hoogste voorkoms ter wêreld van kinder- en babaverkragting.

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.