On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Beskerm jou viervoetige vriende teen diefstal

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:50 Wed, 17 Apr 2024

Beskerm jou viervoetige vriende teen diefstal | News Article
Foto ter illustrasie: Pixabay

’n Nuwe manier waarop misdadigers ons liefde vir honde uitbuit, is om ’n hond te ontvoer en dan ’n losprys van die eienaar te eis.”

Hondediefstal is ’n toenemende probleem en kom veral voor op plekke soos winkels of waar honde is motors gelos word.

Franse bulhonde, worshonde en mopshonde word die meeste gesteel om weer verkoop te word of vir teeldoeleindes, sê Four PAWS Suid-Afrika.

PAWS sê een van die redes vir die toename in hondediefstal is die eienaars se eie skuld. “Omdat ons bereid is om taamlik groot bedrae geld te betaal vir ’n sekere tipe hond of selfs ’n oulike kruisrashondjie, is hondediefstal ’n winsgewende besigheid vir misdadigers. Hulle verkoop die honde of teel met hulle.”

’n Nuwe manier waarop misdadigers die eienaars se liefde vir hul honde uitbuit, is om ’n hond te ontvoer en dan ’n losprys te eis.

Honde moenie in jou motor alleen gelos word nie. Foto: Pixabay

PAWS sê die diewe ken honde se gedrag en gebruik dit tot hul voordeel. “Hulle kan ’n hond se lyftaal lees en weet watter honde vriendelike en maklike teikens is. Hulle gebruik kos om honde te lok. Honde in openbare plekke, soos parke en strande, wat nie aan ’n leiband is nie, is maklike teikens vir diewe.

Voorkom so diefstal:

• Moet nooit jou hond sonder toesig buite winkels of in openbare plekke los nie.

• Moenie honde alleen in motors los nie. Veral  nie op warm dae nie.

• Beveilig jou tuinhekke met slotte en oorweeg dit om ’n klok of hekalarm aan te bring.

• Rus jou hond toe met ’n mikroskyfie en hou al die inligting op datum.

• Maak seker jou hond dra ’n bandjie waarop jou naam, van en selfoonnommer is.

Worshonde word veral gesteel. Foto: Pixabay

Nog wenke van PAWS:

• Verskaf duidelike foto’s van jou troeteldier vir identifikasie indien hy gesteel word.

• Installeer opritalarms of kringtelevisie om indringers wat jou erf betree, te identifiseer.

• Rapporteer verdagte voertuie of individue in jou straat by die polisie, asook op veiligheidsgroepe.

• Bly waaksaam wanneer jy met jou hond stap en wees versigtig vir enigiemand wat jou aandag probeer aflei.

• Maak seker dat hondestappers bewus is van veiligheidsmaatreëls vir jou hond se veiligheid.

• Moenie jou adres of ligging op sosiale media bekendmaak nie.

• Stel troeteldiergemeenskappe in kennis as jou hond gesteel word.

OFM Nuus mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.