Central SA
Hoërskool Witteberg: Durf om te droom en leef om te leer!─── 09:35 Mon, 22 Apr 2024
Sponsored09:35 Mon, 22 Apr 2024
Hoërskool Witteberg in Bethlehem hou op 23 en 24 April 2024 opedag vir graad 7 leerders.
Pulane Nel Sekepe gesels met die skoolhoof, Hannes Oosthuizen, oor hoe hulle durf om te droom en leef om te leer. Luister hier:
Ontdek die stuk van die legkaart wat jy gaan wees by Witteberg se Opedag! Sluit aan by hulle vir 'n opwindende dag vol ontdekking en geleenthede. Kom maak deeluit van die avontuur en vind jou pas by Witteberg!
Die skool het meer as 750 ingeskrewe multikulturele leerders, ‘n personeel van 47 met 26 vakke, wat in Engels en Afrikaans gedoseer word. Witteberg is vyf jaar agtereenvolgens deur die direkteur van Onderwys aangewys as die beste akademiese skool in die Oos-Vrystaat. Hoërskool Witteberg bied uiteenlopende sportsoorte en kultuuraktiwiteite aan waarin die spanne uitblink en talle provinsiale en nasionale sterre oplewer.
Opedae
23 April for English learners
24 April vir Afrikaans leerders

