On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Operasie Shanela: 525 verdagtes binne week in Noord-Kaap aangekeer

───   10:18 Mon, 22 Apr 2024

Operasie Shanela: 525 verdagtes binne week in Noord-Kaap aangekeer | News Article
Voertuigkontrolepunte en padblokkades is regoor die provinsie beman. Foto verskaf

“Sowat 382 verdagtes is in hegtenis geneem weens moord, poging tot moord, verkragting, roof, aanranding, huisbraak, opsetlike saakbeskadiging, onwettige mynbou en handel en besit van dwelms.”

Die Noord-Kaapse polisie het die afgelope week 525 verdagtes dwarsoor die provinsie in hegtenis geneem as deel van Operasie Shanela. 

Die polisie het tydens inspeksies beslag gelê op groot hoeveelhede drank. Foto verskaf

Beamptes het hulle op brandpunte van geweldsmisdaad toegespits, sê lt.kol. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. “Voertuigkontrolepunte en padblokkades is dwarsoor die provinsie beman waartydens 2 270 voertuie en 4 617 persone voorgekeer en deursoek is. 

“Die polisie het verskeie optredes uitgevoer by tweedehandse handelaars, skrootwerwe, herwinners, privaat sekuriteitsmaatskappye, vuurwapenhandelaars, formele en informele ondernemings, plase en myne. 

Altesaam 2 270 voertuie en 4 617 persone is voorgekeer en deurgesoek. Foto verskaf

“Sowat 382 verdagtes is in hegtenis geneem vir moord, poging tot moord, verkragting, roof, aanranding, huisbraak, opsetlike saakbeskadiging, onwettige mynbou en handel en besit van dwelms.”

Die polisie sê in ’n gesamentlike operasie met die Noord-Kaapse georganiseerde ondersoekeenheid om dwelmsmokkelaars se bedrywighede hok te slaan, het gelei tot die inhegtenisneming van twee Somaliese burgers.

Die eenheid het saam met die Colesberg-hoofwegpatrollie-eenheid inligting oor die twee verdagtes opgevolg en op bokse khat ter waarde van R275 000 beslag gelê.

“Die ondersoek het die polisie uiteindelik na Kraaifontein op die Kaapse Skiereiland gelei, en met die hulp van die Wes-Kaapse narkotiese eenheid vir georganiseerde misdaadondersoeke is die twee verdagtes met bokse khat in hul besit in hegtenis geneem. Die verdagtes, onderskeidelik 38 en 42 jaar oud, sal binnekort in die Kraaifontein-landdroshof verskyn,” het Kock gesê.

Nog 143 gesoekte verdagtes is deur speurders opgespoor en in hegtenis geneem omdat hulle hofverskynings ontduik en hofbevele verontagsaam het. Die polisie het ook tydens verskillende klopjagte en operasies regoor die provinsie beslag gelê op ’n groot hoeveelheid dwelms en kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel was.

OFM Nuus cg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.