On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bethlehem Voortrekker Hoërskool: 'n skool wat kampioene kweek

───   10:55 Fri, 26 Apr 2024

Sponsored10:55 Fri, 26 Apr 2024
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: 'n skool wat kampioene kweek | News Article

Hoekom kies ’n graad 7-leerder Voortrekker as haar/sy nuwe tuiste? Voortrekker bied aan elke leerder ’n plekkie onder die son. By Voortrekker kry hy/sy die geleentheid om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel op verskeie terreine.

Akademie is Voortrekker se topprioriteit. Sukses op dié gebied kan toegeskryf word aan beroepsgerigte vakkeuses, klaskamers met die nuutste tegnologie, en bekwame onderwysers. Die skool kweek wetenskaplikes en ekonome, kunstenaars en tegnici. Voortrekker is ‘n komprehensiewe skool met ‘n volledige tegniese rigting, asook ‘n fokusskool vir Gasvryheid en Toerisme.

Op kultuurgebied staan Voortrekker sterk met: debat, redenaars, serenadesang, Voortrekkers, musiek, tienertoneel/drama, Blitsbrein.

Voortrekker se puik sportfasiliteite maak deelname aan atletiek, swem, tennis, krieket, hokkie, netbal, rugby en ‘n verskeidenheid ander sportsoorte moontlik.

Pulane Nel Sekepe het met Benette Brits, die Adjunkhoof van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, en Lianè van den Berg, 'n graad 11-leerder, gesels oor die skool: 

Wat bied Voortrekker jou?

  • Uitstekende akademiese standaard
  • Uitstekende resultate en topklas onderwysers
  • Omvattende vakkeuse – voldoen aan vereistes vir nuwe kurrikulum
  • Dubbel medium onderrig
  • Ontwikkeling van mens in totaliteit

Kontak Voortrekker by admin@bvhs.co.za/kantoor@voortrekker.co.za of 058 303 4006.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.