On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Afgetrede polisieman in Welkom gevonnis ná verhuring van staatshuis

───   11:26 Fri, 10 May 2024

Afgetrede polisieman in Welkom gevonnis ná verhuring van staatshuis | News Article
Foto: OFM Nuus

“Die bewyse wat tydens die ondersoek aan die lig gebring is, het ’n verdoemende prentjie van Williams se optrede geskets, wat ’n patroon onthul van misleiding en uitbuiting wat oor etlike jare strek.”

’n Afgetrede polisiebeampte in Welkom is gevonnis vir die onwettige besetting van ’n staatshuis en omdat hy huurders verkul het uit duisende rande se huurbetalings.

In Mei 2023 het die polisiediens ontdek dat ’n staatshuis in Fischerstraat, in Dagbreek, Welkom, onwettig beset word, sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Ten spyte van pogings om Manie Richard Williams (66) die perseel te laat ontruim, insluitend regstappe en onderhandelinge, het hy volgehou om onregmatig maandelikse huurbetalings van vyf huurders in te vorder, altesaam ’n verbysterende R75 000.

Williams het maandeliks betalings van vyf huurders ingevorder. Foto: SAPD/Argief

Speursers. Vusimuzi Ngomane van die provinsiale eenheid teen korrupsie het opdrag gekry om ’n deeglike ondersoek na die saak te doen. Die bewyse wat tydens ondersoeke ontbloot is, het ’n verdoemende prentjie geskets van Williams se optrede, wat ’n patroon van misleiding en uitbuiting onthul wat oor etlike jare strek aangesien die oortreder sedert 2018 betalings van huurders ingevorder het.

Williams is naby Dagbreek-winkelkompleks in Welkom in hegtenis geneem en op 21 Junie verlede jaar van bedrog aangekla. Ná sy arrestasie is hy borgtog van R1 000 op 3 Julie verlede jaar toegestaan.

‘Onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit’

Williams het Woensdag (24/8) voor die Welkom-streekhof verskyn en is ’n vonnis opgelê: vier jaar gevangenisstraf vir twee aanklagte van bedrog, opgeskort vir vier jaar op voorwaarde van geen verdere misdrywe van bedrog, diefstal of poging tot diefstal gedurende die skorsingstydperk nie.

Boonop is hy onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit, het polisiewoordvoerder Stephen Thakeng gesê. 

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.