On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde man vermoor na bewering vriend oor skuld

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:02 Sat, 11 May 2024

Bejaarde man vermoor na bewering vriend oor skuld | News Article

“Die pad van geweldloosheid, hoewel soms moeiliker, lei uiteindelik tot meer positiewe en blywende resultate.”

’n Man het na bewering een van sy vriende vermoor wat hom geld geskuld het.

Die verdagte (61) het sy vriend (62) na bewering doodgeslaan oor geld wat die oorledene aan die verdagte geskuld het, sê konst. Tlaleng Moloi, ’n woordvoerder van die Meyerton-polisie.

Die voorval het Dinsdag (7/5) op ’n kleinhoewe in Danie Bezuidenhoutstraat in Kookrus by die Kookrus-treinstasie plaasgevind. Dit is naby Meyerton in die Vaaldriehoek.

Daar word vermoed dat die twee bejaarde mans ’n argument gehad het en ’n bakleiery het ontstaan. “Die oorledene het glo die verdagte met die vuis in die gesig geslaan en die verdagte het toe na die oorledene se kamer gegaan, ’n houtstok gaan haal en hom aangerand,” het Moloi verduidelik.

Met sy aankoms op die toneel het die polisie die lewelose liggaam van die 62-jarige man gevind. “Die man se bolyf was vol bloed en hy het kneusplekke gehad. Hy is op die toneel deur die paramedici dood verklaar,” sê Moloi.

Die verdagte wat op die toneel in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Meyerton-landdroshof verskyn.

Ná hierdie voorval het Meyerton se waarnemende stasiebevelvoerder, lt.kol. Johan de Winnaar, ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie geweld te gebruik as ’n manier om probleme op te los nie.

“Die pad van geweldloosheid, hoewel soms moeiliker, lei uiteindelik tot meer positiewe en blywende resultate. Die sleutel is om aan intelligente oplossings te dink wat ook sal verhoed dat jy in die moeilikheid beland,” het De Winnaar gesê.

In Augustus 2022 is ‘n man in Namahadi, by Frankfort in die Vrystaat, in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend met ’n ysterpyp doodgeslaan het.

Die oorledene, Sipho Mosia, se liggaam is deur die polisie op die huis se vloer aangetref.

Die twee vreinde het glo die aand gaan gekuier en omstreeks 05:00 by die huis aangekom. “Hulle het by die koolstoof gesit en bier drink en toe in ‘n argument betrokke geraak,” het polisiewoordvoerder ao. Mmako Mophiring gesê.

Die beskuldigde het toe die ysterpyp gaan haal en sy vriend daarmee doodgeslaan.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.