On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Spesiale ondersoekeenheid tree op teen ongemagtige TERS-eise

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:58 Wed, 15 May 2024

Spesiale ondersoekeenheid tree op teen ongemagtige TERS-eise | News Article
Foto: OFM Nuus

“Daar is vasgestel die aansoekers het nooit vir een van die twee maatskappye gewerk nie."

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) slaan steeds korrupte aktiwiteite hok wat verband hou met die tydelike werkgewer-werknemer-verligtingskema (TERS).

Twee mense is in die Vrystaat in hegtenis geneem vir bedrog omdat hulle glo spookwerkers geskep het om geld van die Departement van Arbeid te eis, terwyl die ander twee vir soortgelyke misdade in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is.

‘Twee keer aanlyn aansoek gedoen vir Covid-19-TERS’

In ’n forensiese ondersoek het die (SOE) bevind twee maatskappye, Afrikhan Source (Edms.) Bpk., besit deur Tlotliso Molaba (38) en Lehlohonolo Class Motaung (38), en Izuz Gibbor (Edms.) Bpk., wat deur Lelokonyane Isak Letseng (44) besit word, het twee keer aanlyn aansoek gedoen vir Covid-19-TERS.

“Tussen Maart en Oktober 2020 het Afrikhan Source aansoek gedoen om Covid-19-TERS namens individue wat na bewering deur die Covid-19-pandemie geraak is. Die WVF het tussen September en Desember 2020 nege betalings van R1 396 053,40 aan die maatskappy gemaak,” sê Kaizer Kganyakgo, SOE-woordvoerder.

Kaizer Kganyakgo, SOE-woordvoerder. Foto: Skermgreep

Tussen Julie 2020 en Oktober 2021 het Gibbor aansoek gedoen om Covid-19-TERS namens sekere individue wat beweer het dat hulle deur die pandemie geraak word. Die maatskappy het nege betalings van WVF ontvang van R101 555.92. Daar is egter vasgestel dat die applikante nooit vir een van die twee maatskappye gewerk het nie.

Die verdagtes is op 25 April in Bloemfontein en Phuthaditjhaba in hegtenis geneem. Hulle is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat en die saak is tot 11 Junie 2024 uitgestel.

In ’n ander saak waarby Nomvuzo Melody Kupiso (48) betrokke was, het die ondersoek getoon sy het in haar hoedanigheid as die geregistreerde eienaar van Khayathi deur die wanvoorstelling en van voorneme om die WVF te bedrieg, onregmatig om die TERS-voordele aansoek gedoen namens individue wat nie meer in diens was nie.

‘WVF het altesaam R216 905,95 beskikbaar gestel’

“Khayathi en Kupiso het onwettig en valslik die bewys van betalings gemaak of geskep, wat blykbaar deur die ‘werknemers’ onderteken is by ontvangs van die TERS-voordeel tydens die Covid-19-pandemie,” sê Kganyakgo. “Die individue is sedert 2015 nie in diens van Khayathi nie. Die WVF het altesaam R216 905,95 aan Khayathi beskikbaar gestel.”

Kganyakgo sê die SOE het die saak op 23 Januarie na die NVG verwys en op 18 April is Kupiso in hegtenis geneem. Sy het dieselfde dag in die landdroshof in King Wiliam’s Town verskyn op aanklagte van bedrog en vervalsing. Sy is op borgtog van R1 500 vrygelaat.

OFM Nuus/ Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.