On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek: Meisie swanger ná pastoor haar glo verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:43 Wed, 15 May 2024

Vaaldriehoek: Meisie swanger ná pastoor haar glo verkrag | News Article
Foto: iStock

“Die slagoffer was te bang om iemand van die voorval te vertel omdat die pastoor haar gedreig het dat hy nie vir haar ma en oom werk sou gee nie.”

’n Pastoor van Sasolburg verskyn Donderdag (16/5) in die landdroshof nadat hy na bewering ’n meisie verkrag en haar swanger gemaak het.

Die pastoor (37) is Woensdag in hegtenis geneem nadat die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe deur ’n maatskaplike werker genader is oor ’n 17-jarige meisie wat swanger is en beweer dat sy deur haar pastoor verkrag is, sê Josephine Rani, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die voorval het op 1 Januarie by die slagoffer se woonplek in Zamdela plaasgevind. Die slagoffer se ma het ’n saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak. 

‘Hy het haar glo gevra om sy minnares te wees’

Die pastoor het na bewering by die slagoffer se huis opgedaag en haar na sy voertuig geroep. Hy het haar glo gevra om met hom uit te gaan, maar sy het nee gesê en die huis binnegehardloop. Die pastoor het haar na bewering tot in haar ma se kamer gevolg en haar verkrag.

“Die slagoffer was bang om iemand van die voorval te vertel,” sê Rani. “Die pastoor het haar gedreig en gesê as sy dit sou waag om met iemand te praat, sou hy nie vir haar ma en oom werk gee nie.”

‘Hy het ’n vrou meermale verkrag’

In 2022 is Simon Yandisa Galada (57), ’n pastoor van Bloemfontein, lewenslank tronk toe gestuur nadat hy in Junie 2021 ’n 32-jarige vrou van Fase 4 in Bloemfontein herhaaldelik in sy huis in Bloemspruit verkrag het.

’n Medebeskuldigde en ook ’n pastoor, Paul Katiso Mhlekazi Nkoesa (42), is tot drie jaar tronkstraf gevonnis omdat hy ’n getuie beïnvloed het, en drie jaar weens regsverydeling nadat hy die slagoffer en haar familie genader het en R6 000 aangebied het om die aanklagte teen Galada terug te trek. 

Nkoesa dien die vonnisse gelyklopend uit.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.