On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee mans van Ficksburg lewenslank tronk toe vir vlaag bendegeweld

───   14:03 Thu, 16 May 2024

Twee mans van Ficksburg lewenslank tronk toe vir vlaag bendegeweld | News Article
Argieffoto

“Die mees ontstellende getuienis was dié van ’n vrou, wat getuig het dat sy op die dag wat sy meegedeel is dat haar broer vermoor is, op pad na die toneel nog ’n oproep ontvang het waarin sy meegedeel is dat haar seun ook vermoor is.”

Twee beskuldigdes, wat tereg gestaan het op aanklagte van drie moorde, pogings tot moord, die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie, asook die intimidasie van getuies, is deur die Vrystaatse afdeling van die Hooggeregshof gevonnis.

Die beskuldigdes, Phakathi Patrick Stoffel (30) en Jampo Lucas Khabane (28), het Teboho Petrus Matona op 11 September 2021 in Meqheleng naby Ficksburg aangeval en vermoor. Op 12 Maart 2022 het hulle hul skrikbewind voortgesit en Ntiso Pheko aangeval en vermoor by Mike Paneelkloppers naby Meqheleng. Later daardie dag het hulle vir Masilo Richard Moeketsi in ’n kroeg in Meqheleng aangeval en vermoor.

“Die slagoffers is vermoor omdat hulle glo lede van ’n mededingende bende was. Tydens hul skrikbewind, in voortsetting van hul kultuur om inwoners van die rustige dorp lastig te val, het hulle ook probeer om verskeie ander mense dood te maak,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

‘’n Oudbendelid het besonderhede gegee oor die bende se wrede taktieke’

Die staat het talle getuies geroep, onder wie ’n oudbendelid, wat besonderhede gegee het oor hoe die bende opgetree het en hul wrede taktieke in die terrorisering van die gemeenskap.

Die mees gedetailleerde, ontstellende getuienis was dié van ’n vrou, wat getuig het dat sy op die dag wat sy meegedeel is dat haar broer vermoor is, op pad na die toneel nog ’n oproep ontvang het waarin sy meegedeel is dat haar seun ook deur hierdie bende geskiet is.

Die hof het die beskuldigde een, Phakathi Patrick Stoffel, gevonnis tot drie maal lewenslange tronkstraf, vyf jaar vir bendeverwante oortredings, drie jaar vir elkeen van die drie pogings tot moord, asook drie jaar vir intimidasie van ’n getuie. Beskuldigde twee, Jampo Lucas Khabane, is gevonnis tot twee maal lewenslange tronkstraf en vyf jaar vir die aanklag van bendeverwante oortredings.

OFM Nuus/Heidré Malgas mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.