On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Man lank tronk toe vir rooftogte in Roodepan

───   CASEY-LEE ANTHONY 14:02 Fri, 17 May 2024

Man lank tronk toe vir rooftogte in Roodepan | News Article
Foto:CANVA

“Die hof het Swanepoel swaar gestraf vir die twee rooftogte in Mei 2023 in Roodepan.”

’n Man is in die streekhof in Kimberley 19 jaar tronk toe gestuur op twee aanklagte van roof in Roodepan. Allesandro (Pankies) Swanepoel (30) het die Roodepan-gemeenskap naby snoepwinkels in White City geteister al het hy in Naborn gebly wat ’n hele ent van Roodepan is. 

“Die hof het Swanepoel swaar gestraf vir die twee rooftogte in Mei 2023 in Roodepan,” sê Timothy Sam, polisiewoordvoerder. “Sy modus operandi was om slagoffers te beroof wat bedags alleen in die straat geloop het.”

‘Hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit’

Daar is in die hof getuig dat hy twee mans tussen 15 en 18 Mei verlede jaar gewelddadig in die Roodepan-omgewingvan hu elfone beroof het. Hy is Donderdag (16/5) gevonnis en is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

“Koliswa Otola, Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, het ao. Marvin Arends en sers. Vincent Phiri van Roodepan geloof vir hul deeglike ondersoek en omdat hulle verseker het dat geregtigheid geskied,” sê Sam.

Die polisie vra inwoners om waaksaam te bly wanneer hulle alleen rondloop en bewus te wees van hul omgewing. Hulle moet ook enige misdaad onmiddellik by hul naaste polisiekantoor aanmeld. 

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.