On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Man van Upington tronk toe ná hy kleindogter verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:27 Mon, 20 May 2024

Man van Upington tronk toe ná hy kleindogter verkrag | News Article
Foto: The courier mail

“Die slagoffer is omstreeks 03:00 badkamer toe, waarna sy deur haar oupa verkrag is.”

’n Man van Upington is tronk toe gestuur nadat hy sy kleindogter verkrag het. Die man (55) is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy kleindogter (15). Die slagoffer, wat by haar ouma en oupa gebly het, is op 13 Augustus verlede jaar by haar grootouers se huis verkrag, sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder. “Die slagoffer is omstreeks 03:00 badkamer toe, waarna sy deur haar oupa verkrag is.”

Sy het die volgende oggend vir haar ouma gesê en ’n saak is by die polisie aanhangig gemaak. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en van verkragting aangekla. Hy is borgtog geweier en was tot sy vonnisoplegging in aanhouding.

‘Sy het ná die verkragting vir haar ma vertel wat gebeur het’

• Op 20 Februarie is ’n man (68) van Groblersdal in Limpopo tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy sewejarige kleindogter verkrag het.

Die man is in hegtenis geneem nadat hy in Maart verlede jaar sy kleindogter verkrag het. Die man het gewag dat sy eie dogter, en ook die ma van die kind, die huis verlaat voordat hy haar na die slaapkamer geneem en verkrag het.

Tydens die hofverrigtinge is gehoor dat dit nie die eerste keer is wat die minderjarige deur haar oupa verkrag is nie. Sy het ná die verkragting vir haar ma vertel wat gebeur het. Mediese ondersoeke het haar bewerings gestaaf en ’n klag is by die polisie aanhangig gemaak.

‘Hul identiteit kan nie bekend gemaak word nie’

Omrede die slagoffers aan die beskuldiges verwant en minderjarig is, kan hul identiteit nie bekend gemaak word nie.

Die per capita-koers van verkragting onder kinders het van 96 per 100 000 kinders in 2015/2016 tot 103 per 100 000 kinders in 2018/2019 gestyg, voordat dit tot 95 per 100 000 kinders in 2019/2020 afgeneem het. Die per capita verkragtingsyfer het egter dieselfde gebly op 70 per 100 000 bevolking vanaf 2015/2016.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.