On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride James
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ma van pasgebore baba, medepligtige skuldig bevind aan mensehandel

───   HEIDRÈ MALGAS 11:19 Sat, 25 May 2024

Ma van pasgebore baba, medepligtige skuldig bevind aan mensehandel | News Article
’n Ma van ’n baba en ’n vrou van Bothaville is skuldig bevind aan mensehandel en gevonnis.

“Haar medepligtige, Mosedi, het belangstelling getoon en die moeder vier paaiemente van R1 500 belowe om die kind aan te neem.”

’n Ma van ’n baba en die vrou van Bothaville wat die baba wou verhandel, is skuldig bevind aan mensehandel en gevonnis tot ’n boete van R60 000 of drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.

Die ma, Nthoba Rebecca Mahoa (31), en die vrou wat die kind wou koop, Happiness Mosedi (29), is Vrydag (24/5) deur die Bothaville-landdroshof gevonnis tot ’n boete van R60 000 of drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, op voorwaarde dat die beskuldigdes nie gedurende dié tyd weens dieselfde oortreding skuldig bevind word nie, sê Valke-woordvoerder, Zweli Mohobeleli.

Hy sê op 12 September 2022 het Mahoa geboorte gegee aan ’n gesonde seuntjie. Kort daarna het sy op Facebook geadverteer dat sy haar baba vir aanneming wou afgee.

“Haar medepligtige, Mosedi, het belangstelling getoon en die moeder vier paaiemente van R1 500 belowe om die kind aan te neem. Om haar betroubaarheid te bewys, het Mosedi valslik beweer dat sy ’n mediese dokter is. Talle WhatsApp-boodskappe is tussen die mensehandelaars uitgeruil en reëlings om mekaar te ontmoet is gemaak,” het Mohobeleli gesê.

Hy het gesê toe dit tyd was om die baba oor te gee, het Mahoa besluit om nie voort te gaan nie en vir haar bure vertel dat sy nie meer gemaklik is om die baba weg te gee nie. Die goeie bure het lede van die Valke in Welkom in kennis gestel.

’n Vinnige verifikasie van Mosedi se briewe het onthul dat sy gelieg het oor haar kwalifikasie (mediese dokter). Die baba is gered, na ’n veilige plek geneem, en die twee vroue is in hegtenis geneem.

Die Vrystaatse Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke), genl.maj. Mokgadi Bokaba, wil moeders waarsku om nie die korrekte aannemingsprosedures te ignoreer nie. “Die moeder moes vir die hospitaal waar sy geboorte gegee het, gevra het om haar by te staan. Die gebruik van sosiale media stel die moeder en die kind bloot aan mensehandel. Mense wat ander misbruik gebruik dikwels sosiale media om slagoffers te soek," het Bokaba gesê.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.