On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: Vrystaatse polisie slaggereed by stemlokale

───   CASEY-LEE ANTHONY 15:46 Tue, 28 May 2024

#OFMElectionWatch: Vrystaatse polisie slaggereed by stemlokale  | News Article
Aanwysings na 'n stemlokaal in Bloemfonteing. Foto: Casey-Lee Anthony

“Polisiebeamptes is by verskeie stemlokale in die provinsie ontplooi as deel van hul strategiese ontplooiing van personeelplan volgens hul plan om vir verkiesings voor te berei.”

Die Vrystaatse polisie sê hulle is gereed vir enige gebeurlikheid tydens vanjaar se verkiesing, nadat beamptes uiteenlopende opleiding ondergaan het.

“Ons beamptes het streng opleiding- en simulasie-oefeninge ondergaan om voor te berei vir verskeie scenario’s wat tydens die verkiesing kan ontstaan. Dit sluit skarebestuur, konflikoplossing en noodreaksieprotokol in,” sê brig Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Polisiebeamptes is by verskeie stemlokale in die provinsie ontplooi as deel van hul strategiese ontplooiing van personeelplan volgens hul plan om vir verkiesings voor te berei. “Dit sluit in die teenwoordigheid van uniformbeamptes by stemlokale en kritieke punte om die veiligheid en sekuriteit van kiesers en die integriteit van die verkiesingsproses te verseker.”


Polisiebeamptes werk saam met die OVK en ander rolspelers om ’n vlot en gekoördineerde poging in die bestuur van die verkiesing te verseker.

Daar was gemeenskapsgesprekke, asook inligtingsessies ter voorbereiding van stemdag, Woensdag (29/5). Die polisie het ook uitgebreide bewusmakingsveldtogte gevoer om die publiek in te lig oor die belangrikheid van vreedsame verkiesings en die rol van wetstoepassing.

“Ons doen ’n beroep op alle burgers om hul stemreg op ’n vreedsame en ordelike wyse uit te oefen. Die sukses van ons demokratiese proses berus op die kollektiewe verantwoordelikheid van kiesers, kandidate en wetstoepassingsagentskappe.”

Vir die komende verkiesing het die Vrystaat meer as 1,4 miljoen geregistreerde kiesers wat gaan stem, maar dit is 8 712 minder as die vorige algemene verkiesing, wat in 2019 plaasgevind het.

Binne die Vrystaat is die meerderheid van die kiesers vroulik (55,46%) en mans slegs 44,54%.

Kiesers word aangemoedig om water saam te neem stemlokaal toe, warm aan te trek, sonskerm te neem en die belangrikste is om hul ID-dokument te onthou.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.