On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse jeug flink uit vere om te stem

───   CASEY-LEE ANTHONY 09:20 Wed, 29 May 2024

Vrystaatse jeug flink uit vere om te stem | News Article
Talle kiesers in Bloemfontein het vroeg reeds tougestaan. Foto: Morgan Piek

“Universiteit van die Vrystaat-studente gereed om hul stempel af te druk en vir verandering te stem.”

Die nuwelingkiesers van die Universiteit van die Vrystaat het in groot getalle opgedaag om hul stem uit te bring by die Wynand Moutonstraat-stemlokaal in Universitas.
“Ek stem vandag, want ek glo ’n verandering is nodig in die samelewing,” het ’n Kovsie gesê. “Ek dink hierdie verkiesing het met soveel hoop gekom en ek is opgewonde om die standpunt in te neem na die eerste stap van verandering.”

Hierdie verkiesing beloof ’n blink toekoms vir die meeste nuwelingkiesers. Hulle hoop op ’n beter uitkoms vir die jeug sowel as vir hulle broers en susters.

Nuwelingkiesers het al voor 07:00 in groot getalle opgedaag om hul stem uit te bring by die Wynand Moutonstraat-stemlokaal in Universitas, Bloemfontein. Foto: Henry Moorcroft

“My verwagting vir ná die verkiesing is regverdige leiers in die parlement. Ek hoop regtig dat mense wat gereed is om die mense te dien, in die parlement sal kom, en gereed is om ’n verandering in die samelewing te maak.”Studente het in groot getalle opgedaag om te stem vir die verandering wat hulle glo ’n verskil aan alle Suid-Afrikaners se lewe sal maak.
Die meeste stem vir die eerste keer. ’n Student (26) sê: “Dinge het vanjaar baie ernstig geraak en ons wil verandering hê.”

Kiesers staan reeds voor 07:00 in lang rye by die by die Wynand Moutonstraat-stemlokaal in Universitas vir ’n blink toekoms. Foto: Henry Moorcroft

Baie van die kiesers het hul gevoel van dringendheid uitgespreek om, ongeag die koue weer, vroeg op te staan om hul stem uit te bring, vanweë die liefde wat hulle vir ons land het en die vasbeslotenheid wat hulle het vir verandering en ’n beter toekoms vir almal. Die polisie patrolleer by alle stemlokale. Die OVK verwag van elke geregistreerde kieser om vandag hul stem uit te bring, en sluit die spesiale kiesers in wat nie die tyd gehad het om dit die afgelope twee dae te doen nie.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.