On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: Normale polisiëring gaan onverpoosd voort

───   DANE BEISHEIM 11:40 Wed, 29 May 2024

#OFMElectionWatch: Normale polisiëring gaan onverpoosd voort  | News Article
Stemmery by Hoërskool Die Wilge in Bailliepark, Potchefstroom, verloop vlot. Foto: Peet Joubert

“Normale polisiëring gaan onverpoosd voort, nadat minstens vier mense tydens die spesiale stemproses in Noordwes in hegtenis geneem is.”

Ondanks die feit dat polisie bykomende beamptes in alle provinsies ontplooi het om enige ongerymdhede tydens die algemene verkiesing te voorkom, gaan normale polisiëring onverpoosd voort.

Misdaadvoorkoming bly ’n prioriteit, sê Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder.

Minstens vier mense is in hegtenis geneem tydens die spesiale stemproses in die provinsie. Daar was ’n onderonsie in Pudumo tussen lede van twee mededingende partye, wat op ’n aanrandingsaak uitgeloop het.

In ’n voorval in Ikageng, Potchefstroom, is ’n politieke party-plakkaat geskend, wat tot verskeie arrestasies gelei het. Die betrokkenes sal na verwagting Donderdag (30/5) in die hof verskyn. Boonop is ’n tent wat deur die OVK opgerig is, laat Maandag gesteel. Dié saak word ondersoek.

Intussen het OVK-beamptes in Shaleng naby Mahikeng ’n probleem ondervind waar die hek van ’n stemlokaal toegesweis is, wat toegang verhinder het. Gelukkig was daar geen aansoeke vir spesiale stemme by hierdie stemlokaal nie.

Tumenleontle Thiba, provinsiale kiesbeampte, het die voorvalle aan OFM Nuus bevestig, maar voeg by dat die stemmery vandag veel gladder verloop. Gebeurlikheidsplanne is beraam om enige situasie die hoof te bied.

Volgens Mokgwabone was die meeste stemlokale vanoggend om 11:00 oop. Hy het versoek dat kiesers nie ter elfder ure op die stemlokale toesak en so die stemmery vertraag nie.

OFM Nuus/Dane Beisheim mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.