On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: Bejaarde kiesers ongelukkig oor spesiale stemme, lang toue

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:06 Wed, 29 May 2024

#OFMElectionWatch: Bejaarde kiesers ongelukkig oor spesiale stemme, lang toue | News Article
Dr Zamani Saul, Premier van die Noord-Kaap, stem by NJ Heyns-skool. Foto: Charne van der Merwe

“Die jong mense is nie veronderstel om voorkeur bo hulle te geniet nie.”

Bejaarde inwoners van Roodepan, Kimberley, is ontsteld omdat die OVK hulle nie Maandag of Dinsdag tydens die spesiale stemmery tuis besoek het nie, wat hulle verhoed het om in die gemak van hul woonplek te stem.

Elaine Eva Johnson (76) moes meer as 200 m met ’n loopring stap. Foto: Charne van der Merwe

Mendelin Swart (28) het Johnson en haar ouma Mina Swart (84) gehelp tot by die stemlokaal by die Laerskool Roodepan waar kiesers, onder wie bejaardes, in lang toue moes staan met geen stoele beskikbaar vir hulle om op te sit nie.

Anita Kleintjies (60) het ook haar frustrasie uitgespreek en gesê dat die OVK glo eerder jonger mense as bejaardes help. “Maak nie saak hoe oud ons is nie, ons stemme tel ook.”

‘Dan is jy veronderstel om by die huis te wees’

Elkin Topkin, provinsiale OVK-bestuurder, sê hulle het ’n span wat toegeken is aan ’n maksimum van 20 huisbesoeke, met al die geregistreerde kiesers op dié lys.  “Indien die spanne na die huise toe gaan en die kiesers nie by die huis is nie, sal hulle ’n aantekening maak op die register en sê die persoon was nie tuis nie, en aanbeweeg.”

Hy sê die spanne het streng opdrag gekry dat hulle nie terugkeer na huise waar kiesers nie was nie, “want as jy aansoek gedoen het om ’n huisbesoek, dan is jy veronderstel om by die huis te wees.”


Topkin sê hy kan op die oomblik nie kommentaar lewer op die aantygings oor die ongelukkigheid oor die spesiale kiesers se stemme nie en dat hy eers met die spanne moet praat. “Ons kry baie klagtes dat kiesers sê hulle was nie besoek nie, terwyl hulle nie daar was nie, óf hulle het nie hulle ID’s by hulle gehad nie. Kiesers moet voorbereid wees.”

Topkin sê beamptes by die stemlokaal is veronderstel om die ouer mense, gestremdes en swanger vroue eerste te help sodat hulle nie in die lang toue hoef te staan en wag nie.
“Die jong mense is nie veronderstel om voorkeur bo hulle te geniet nie.”

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het by die N.J. Heyns-skool gestem. Hy het kiesers aangemoedig om in groot getalle te stem, want so kan elkeen ’n verskil maak.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.