On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

NWU-student semifinalis vir Mej. Wêreld Suid-Afrika

───   CASEY-LEE ANTHONY 13:54 Tue, 04 Jun 2024

NWU-student semifinalis vir Mej. Wêreld Suid-Afrika | News Article
Rahama Metroll Milanz. Foto verskaf

“Ek het meer en meer verlief geraak op skoonheidswedstryde.”

’n Meestersgraadstudent van die Noordwes-Universiteit is in die wolke nadat sy gehoor het sy het na die halfeindronde van die Mej. Wêreld Suid-Afrika-kompetisie deurgedring.

“Dit was nog altyd my droom; ek het myself nog altyd gesien as ’n Mej. Wêreld of Mej. Heelal; so toe die geleentheid hom voordoen, was dit asof ek dit met albei hande gaan aangryp,” sê Rahama Metroll Milanz (25).

Mej. Wêreld Suid-Afrika, georganiseer deur Carol Bouwer Productions, is daarop gemik om ’n jong vrou uit een van Suid-Afrika se nege provinsies te vind wat die waardes van “skoonheid met ’n doel” versinnebeeld. Die wenner sal die kans kry om op die wêreldverhoog mee te ding en moontlik die gesogte Mej. Wêreld-kroon huis toe te bring.

Foto: Instagram

Deelnemers, wat tussen 17 en 27 jaar oud is, word as simbole van bemagtiging beskou omdat hulle intelligensie, bewustheid en ’n fokus op wêreldsake kombineer. Hulle steun waardevolle inisiatiewe wat Mej. Wêreld se beginsels deel.

Milanz, wat in Noordwes gebore en getoë is, stel van jongs af belang in skoonheidswedstryde. Kleintyd al het sy haar verbeel sy is ’n skoonheidskoningin op die verhoog wat die skare toespreek.

“Ek het meer en meer verlief geraak op skoonheidswedstryde, want ek is ook passievol daaroor om iets terug te gee, en elke keer as ek teruggee vervul dit my siel, so ek wou net aanhou om dit te doen en dit het my gemotiveer om aansoek te doen vir die Mej. Wêreld Suid-Afrika-kompetisie.”

Rahama Metroll Milanz. Foto verskaf

Sy droom daarvan om meer as net Mej. Wêreld Suid-Afrika te word, haar droom om ’n professionele bevolkingswetenskaplike of professor in demografie te word. Sy sal ook graag eendag saam met soveel liefdadigheidsorganisasies wil werk as wat sy kan.

Suid-Afrikaners het al drie keer die Mej. Wêreldkroon gedra: Penelope Coelen (1958), Anneline Kriel (1974) en Rolene Strauss (2014).

Dr. Claude Mashego, die huidige Mej. Wêreld Suid-Afrika, sal die kroon aan die volgende wenner oordra, wat die nasie se hoop op die Mej. Wêreldverhoog sal verteenwoordig.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony cg/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.