On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Roodepan-polisie vier Jeugmaand by Hoërskool Pescodia

───   13:34 Tue, 11 Jun 2024

Roodepan-polisie vier Jeugmaand by Hoërskool Pescodia | News Article
Simone Van Rooyen, adjunk- junior provinsiale kommissaris vir korporatiewe dienste, Foto: SAPD

“Al drie jong meisies is gr. 11-leerders by Hoërskool Pescodia in Roodepan.”

Polisiebeamptes van Roodepan, Kimberley, het Jeugmaand met mening afgeskop tydens hul besoek aan die Hoërskool Pescodia in samewerking met Safety Volunteers, die Departemente van Onderwys en Maatskaplike Ontwikkeling en hul drie junior bevelvoerders.

Simone van Rooyen, adjunk- junior provinsiale kommissaris vir korporatiewe dienste, het die junior sigbarepolisiëringsbevelvoerder vir Roodepan, Rougracia Fisher, en die junior speurbevelvoerder vir Roodepan, Perpetua Morgan, bekendgestel. Al drie jong mesies is in gr. 11 in Pescodia.

Onder die Jeugmaandtema, “Aktiewe aangryping van die sosiaal-ekonomiese vordering van ons demokrasie”, het die span 956 leerders toegespreek met aanbiedings waarmee hulle hulle in hul gemeenskappe kon vereenselwig.

Perpetua Morgan, Junior speurbevelvoerder vir Roodepan SAPD. Foto: SAPD 

Die leerders is ingelig oor verskeie boelietaktieke wat op hul ouderdom voorkom, seksuele misdrywe, sosiale gedrag en dissipline wat by die skool en in die algemeen gehandhaaf moet word. Hulle is ook herinner aan basiese veiligheidswenke waaraan hulle by die skool en gedurende die komende skoolvakansies en daarna moet voldoen.

Die provinsiale polisieorkes het leerders vermaak en veiligheidvoorsorgpamflette en ander bemarkingsmateriaal van die polisie ontvang.

Die polisie beplan nog talle soortgelyke geleenthede deur die loop van die maand, aangesien daar verskeie ander polisiekantore in elke distrik is wat aan Jeugmaand sal deelneem om soveel moontlik skole te bereik.

Rougracia Fisher, Junior sigbarepolisiëringsbevelvoerder vir Roodepan SAPD. Foto: SAPD

Van Rooyen het leerders ook daaraan herinner om die stilswye oor misdaad te verbreek en die polisie by 08600 10111 te bel.

Mense word ook aangemoedig om Childline te skakel vir hulp by 0800 0555 55 of die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se inbelsentrum by 0800 428 428.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.