Central SA
SA Swemakademie bekendgestel by Bloemfonteinse hoërskool─── CASEY-LEE ANTHONY 06:00 Wed, 12 Jun 2024

“Ons doel is om die beste van die beste op te lewer.”
Swem Suid-Afrika het die eerste SA Swemakademie in Bloemfontein amptelik by die Hoërskool Sentraal bekendgestel.
Verteenwoordigers van die provinsiale regering, Vrystaatse Akwatiese Vereniging, asook lede van die Departement van Basiese Onderwys het die geleentheid bygewoon.
“Dit is soos ’n diamant in Bloemfontein,” het Allan Fritz, president van Swem SA, gesê oor die pragtige swembad wat die skool het en die potensiaal daarvan.
Charles Liversage, Sentraal se skoolhoof, en Allan Fritz, president van Swem SA, voor die skool se swembad. Foto: Casey-Lee Anthony
Fritz het die belangrikheid van swem in Suid-Afrika genoem. Vanweë die baie verdrinkings wat in verskeie dele van die land plaasvind, het hy ook die noodsaaklikheid beklemtoon om plattelandse jeug te onderrig as deel van die missiestelling.
Die uitwerking wat swem en verskeie ander sportkodes op die jeug het terwyl hulle nog op skool is, is genoem, aangesien dit hulle van dwelms kan weghou en hulle iets anders kan gee om hul aandag op te fokus.
“Ons doel is om die beste van die beste op te lewer,” Fritz gesê toe hy gesels oor die potensiaal wat die akademie vir alle Vrystaatse jeug het, en hoe almal welkom is om aan te sluit.
Swemafrigters, die skoolhoof, Swem SA-president, en die Departement van Onderwys se verteenwoordiger saam in die nuwe gimnasium. Foto: Casey-Lee Anthony
Charles Liversage, Sentraal se skoolhoof, het genoem dat die gesprek om die skool se swembad op ’n wêreldklasspesifikasie te hê, het twee jaar gelede plaasgevind. Om dit ’n werklikheid te laat word, is een van die mees “volsirkel-oomblikke” om te beleef.
Swem SA het tot dusver vyf swemakademies in Gauteng voltooi, hoop om drie in die Wes-Kaap te open, en is reeds in gesprek om ’n akademie in die Oos-Kaap te kry.
“Daar is geen spesifieke ouderdomskategorieë in terme van hoë prestasie nie, maar wat ons wel het, is ’n spanstelsel. Daar is juniors wat deur die stelsel kom in terme van talentidentifikasie – die juniors sal dan deur junior elite en seniors na senior elite gaan,” het Fritz gesê.
Die doel van hierdie akademies is om meer jeug betrokke te kry en om die goue standaard van Suid-Afrika by die Olimpiese Spele te handhaaf.
OFM Nuus/Casey-Lee Anthony mvh