On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende Vrystaatse verkragter-oom bly agter tralies

───   15:30 Tue, 11 Jun 2024

Vermeende Vrystaatse verkragter-oom bly agter tralies | News Article
Foto: smithandeulo.com

“’n Saak van verkragting is oopgemaak en die verdagte is dieselfde dag in hegtenis geneem.”

’n Man wat daarvan aangekla word dat hy ’n familielid verkrag het, kom weer Maandag (18/6) voor in die Odendaalsrus-landdroshof.

Hy het Vrydag (10/6) voorgekom toe die saak uitgestel is vir ’n formele borgaansoek, sê kapt. Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die voorval word deur speursers. Lehlohonolo Fonya van die Welkomse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek.

‘Die ma het ’n swangerskapstoets gekoop wat die swangerskap bevestig het’

Die slagoffer (12) het Vrydag (7/6) ná skool vir haar ma (40) vertel ’n onderwyser by die skool het gesê sy is moontlik swanger.

Na dié ontstellende nuus het die ma ’n swangerskapstoets gekoop wat die swangerskap bevestig het. “Toe sy gevra is wie die pa is, het die slagoffer glo gesê dis haar oom,” sê Thakeng.

’n Saak van verkragting is aanhangig gemaak en die verdagte is dieselfde dag in hegtenis geneem.

‘’n Man van Williston is die afgelope week 28 jaar tronkstraf opgelê’

In ’n soortgelyke voorval is ’n man van Williston in die Noord-Kaap die afgelope week 28 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n minderjarige familielid verkrag het.

Danksy deeglike ondersoekwerk deur die Calvinia-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, is Arrie van Wyk (52) lewenslange tronkstraf deur die Williston-streekhof opgelê, waarvan ses jaar vir vyf jaar opgeskort is.

“Van Wyk is skuldig bevind aan verkragting nadat hy op 27 Junie 2023 ’n 17-jarige meisie verkrag het. Die slagoffer het van ’n vriend se huis af gestap toe die beskuldigde, wat haar oom is, haar na sy huis genooi het,” sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder.

‘Hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit’

Die slagoffer is met ’n mes gedreig waarna sy verkrag is.

“Daar is ook opdrag gegee dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word en hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.”

Speurkonst. Anthony Willemse, ondersoekbeampte van die Calvinia-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het die ondersoekwerk gedoen en verseker dat geregtigheid vir die slagoffer geskied.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.