On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Vrou vermoor, man ontvoer in plaasaanval

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:12 Wed, 12 Jun 2024

Noordwes: Vrou vermoor, man ontvoer in plaasaanval | News Article
Photo: OFM Nuus

“Die verdagte is in besit van die gesteelde items gevind by ’n plakkershut in ’n informele nedersetting buite Swartruggens.”

Swartruggens se boerderygemeenskap is geskok ná die moord op ’n bejaarde vrou en die ontvoering van haar man.

Die aanval op ’n plaas in die distrik het Dinsdag (11/6) plaasgevind toe vier gewapende verdagtes na bewering by die plaashuis ingebreek het. Die vrou (60) was alleen in die huis.

Die verdagtes het haar vermoor voordat haar man (70) by die huis aangekom het. Met sy aankoms het hulle hom aangerand en hom in die hoofhuis gedwing. Hulle het huishoudelike items in twee bakkies gelaai voordat hulle die man in een van die voertuie gedwing en weggery het.

‘Hy het nabygeleë boere gewaarsku’

Die ontvoerde man het daarin geslaag om te ontsnap deur uit die bewegende voertuig te spring. Hy het nabygeleë boere gewaarsku wat die polisie dadelik gekontak het.

“Die polisie het vinnig gereageer en ’n vrou (34) vroeg Woensdagoggend (12/6) in hegtenis geneem,” sê Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder. Die verdagte is in besit van die gesteelde items gevind in ’n plakkershut in ’n informele nedersetting by Swartruggens. Sy sal Vrydag (14/6) in die Swarttruggens-landdroshof verskyn. 

Die polisie in Noordwes soek steeds na die vier verdagtes wat op die plaas toegeslaan het.


Plaasaanvalle en plattelandse veiligheid bly ’n kopseer vir die landbou. In ’n webinaar in 2020 het dr. Theo de Jager, president van die World Farmers’ Association, gesê plaasaanvalle vereis regeringserkenning en ingryping. 

Hy het die belangrikheid beklemtoon om verhoudings tussen landelike gemeenskappe en wetstoepassingsagentskappe te versterk om hierdie geweldsmisdade saam te bekamp.

De Jager het ook gepleit vir beter opleiding en samewerking tussen boere en hul werkers om hul gebiede effektief te patrolleer en te beveilig. 

\“Burgers kan nie plaasaanvalle op hul eie beveg nie en ’n verenigde front is nodig om die veiligheid en sekuriteit van mense op die platteland te verseker.”

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.