On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste soldaat: Postmasburg se polisie vra publiek se hulp

───   HEIDRÈ MALGAS 15:46 Mon, 24 Jun 2024

Vermiste soldaat: Postmasburg se polisie vra publiek se hulp | News Article
Luntu Basil Hatta. Foto verskaf

Hy sê ten tyde van sy verdwyning het Hatta blykbaar ’n blou denim en ’n swart baadjie aangehad.

Die polisie op Postmasburg versoek dringend die publiek se hulp om ’n vermiste soldaat op te spoor.

“Luntu Basil Hatta (53) is Sondag 2 Junie omstreeks 05:00 laas gesien by die Lohatla-basis naby Postmasburg,” sê Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Die ondersoek na Hatta se verdwyning duur voort.

Hy sê ten tyde van sy verdwyning het Hatta blykbaar ’n blou denim en ’n swart baadjie aangehad. Enigeen met inligting oor waar Hatta hom bevind kan die ondersoekbeampte Hans Brendall by 082 495 0796 te bel.

Jan Minnie het op ’n Facebook-plasing oor die vermiste Luntu Basil Hatta kommentaar gelewer en gesê: “Daardie plek (Lohatla SANW-basis) is vervloek. Dit is die derde persoon wat ek ken wat verdwyn het. “Sommige is ná weke dood gevind. Om nie eens te praat van al die ander voorvalle wat daar plaasgevind het nie.”

‘Miskien het hy sonder toestemming uitgegaan’

Lee Khangela het bygevoeg: “Daar is geen manier waarop ’n persoon binne die basis kan verdwyn nie. Miskien het hy sonder toestemming uitgegaan om pret te hê en iets het gebeur.

“Selfs al was dit die geval, het die persoon wat dit geplaas het dit moeilik gemaak vir sy meerderes om dit toe te smeer as hy sonder toestemming buite die basis was. Nou moet hulle alles volgens die boek doen en hom AWOL merk. Ek hoop hy word veilig en gesond gevind.”

Terry Iron Heart Makape skryf: “My ma se broer word vermis sedert 1998. Die Lohatla- militêre basis het hom vir opleiding gevat en hy word tot vandag toe steeds vermis.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.